Bulletin
Bulletin 25 Februarie - 3 Maart 2018 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 23 February 2018 11:48
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

VANDAG
DERDE LYDENSWEEK
09h00  Dankseggingsdiens
Deuroffers:  Gemeentebediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na erediens.
Tee na afloop van die erediens.

MAANDAG
Ds Gerrit doen huisbesoek by Stolsvlakte
Ds Smuts besoek hierdie week wyks-ouderlinge en -diakens.

DINSDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie

WOENSDAG
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
17h15      Diensverhoudingkommissie
18H00    Finanskommissie
18h30    Wêreldbiddag vir Vroue. Alle dames word uitgenooi.

GEBEDSGELEENTHEID
Vrydag 2 Maart om 06h00 ons maandelikse gebedsgeleentheid in die binnehof van die gemeentesentrum.

SATERDAG
06H30  Wêreldbiddag vir mans by MOEDERGEMEENTE (in lokaal agter kerkgebou)
Ons nooi alle mans (van alle gemeentes) om op die Wêreldbiddag vir Mans in gebed voor die Here te kom buig. Nooi 'n vriend – maak nie saak van watter gemeente nie. Ons gaan die Heer se Naam saam aanroep en vir verskeie sake voorbidding doen. Bring jou beker – ons gee vir jou koffie en beskuit. Ons drink koffie van 06:30 en begin 06:45 saam bid.
10h00   Traktaatjies uitdeel

SONDAG
VIERDE LYDENSWEEK
09h00  Erediens
Deuroffers:  ACVV Dienssentrum

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R5 459-10
Deuroffers: R1 438-00
Getal lidmate in diens: 143 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED

VERJAARSDAE 80+ jr:   
26/02   Anna Brummer, Merimar  107
02/03   Hennie v/d Westhuizen, Bellinganhof

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling
:
Judy van der Berg, Hugenootstraat 07
Winnie Swiegelaar, Gottlandhuis K28
Franswa Stassen, Lamprechtstraat 443
Han van Popering, Hoogstraat 303
Matilda Meiring, Oxfordstraat 70
Klasie Lombard, St Johnstraat 135
Daan van der Westhuizen, Bellinganhof K233

Innige meegevoel aan:

Anru en Louis de Wet (en ander familie) met die afsterwe van hulle vader.

KOMMISSIEVERGADERING
Diensverhoudingkommissie:
Donderdagaand, 1 Maart, 17h15 in die kerkkantoor.
Finanskommissie:
Donderdagaand, 1 Maart,  18h15 in die kerkkantoor.
Lidmate wat graag diensbaar wil wees en oor die gawes en kundigheid beskik, word genooi om deel te wees van die onderskeie kommissies.

KERKRAADS-VERGADERING
Woensdag, 7 Maart om 18h00  in die Skooltjie.

Diensbaar in ons gemeente – laat só Sy liefde leef
Die Kommissie vir Gemeentebediening nooi lidmate (veral jonger lidmate!!!) om betrokke en diensbaar te wees. Ons wil vir meer en meer lidmate geleentheid gee om hulle gawes te gebruik. Hier is jou kans – rol op jou moue, kom na vore en laat ons Heer se liefde leef. Jy kan help met:
•     Deurdiens op Sondae: Jou vriendelike glimlag by die kerk se deur is dalk net wat nodig is om iemand wat erediens toe kom tuis te laat voel.
•     Skink tee na kerk en was skottelgoed op: Sondae se teedrink-geleentheid is vir sommige die lekkerste (dalk enigste) kuiergeleentheid van die week.
•     Lektuurverspreiding: Kom deel in die uitdeel van betekenisvolle traktaatjies. So kan jy, sonder om 'n woord te sê, 'n sendeling wees wat ons Heer se liefde uitdra.
Kontak asb: Anita Koen 044 279 2708 / 083 294 8739

Ds Gerrit neem sy verlof 28/2  – 14/3. Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus met ds Smuts (0442791679 / 0829216854)

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE?
Saterdagoggend, 3 Maart, om 10 tot 11 vm, kan jy dalk iemand se rigting verander van die hel na die hemel en van die dood na die lewe.
Hoe?
Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie –
net uithou en gee. Dis deel van ons gemeente se gehoorsaamheid om die liefde van Jesus te leef. Net vir ‘n uur. Sien uit om jou daar te sien.

LIEFDE LEEF PROJEK:
Daar is groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt, ens.
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank     
Rek no 1752044630, takkode 175205

BASAAR  WOENSDAG, 21 MAART
Kafee oop vanaf  10:30 nm
Basaar begin 11:30 nm
Ete beskikbaar:  12:00 nm tot 13:00 nm

Oggendbasaar op 21 Maart [ Menseregtedag ]
Groot dank aan die volgende konvenors.
Laat ons hierdie voorvatters asb self kontak en ondersteun.
 
Braaivleis             Anru de Wet                   082 414 4982
Gebak                Margaret  van Rensburg    084  515 8799
                         Elaine  Martin                  076 162 0804
Hotdogs             JulianaStrüwig                  0845637362           
Kafee                 Sonja McKay                    082 904 2137
Kinders               Marian Swart                   082 855 1389
Pannekoek          Marie Verwey                  082 946 4087
Poeding              Ellen Marais                     082 214 5910
Pot                    Marius Strydom                071 135 0517
Rou vleis             Marie Briel                       083 701 5538
Sementbakke      Lenie de Vos                   082 340 4891
Slaaie                 Barend Smit                    082 353 6661
Wit Olifante        Anita Koen                      083 294 8739
Koeldrank           ????

Moeder Basaar-ete!! @ R65
Varknek, wors en hoendersosatie.
Beetslaai en kerriepastaslaai
Broodjie.

Potjiekos @ R40
Afvalkerrie / Hoender / Skaapskenkel

Gemeentesentrum, Woendag, 21 Maart
Ete beskikbaar: 12:00 nm tot 13:00 nm
Kaartjies by kerkkantoor te koop

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

WIT OLIFANTE
Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE. Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

Tuintafel
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

Leraar:             Ds Gerrit van Schalkwyk:             Tel:    0442791751 :        Sel:   0828782954
Leraar:             Ds Smuts Janse van Rensburg:     Tel:    0442791679 :        Sel:   0829216854
Kerkkantoor:    Tel: 0442723130 :        Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks:               0865613247 :      Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it           :    www.moeder.co.za
Last Updated on Friday, 23 February 2018 11:58
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 23 guests online