Bulletin 25 Junie – 29 Julie 2017 Print E-mail

Preek: Ds Smuts Janse van Rensburg:

Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde...
Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het.  (Ps 8:2, 3)                                                                                                                       
VANDAG
09h30  Lofprysingsdiens
Len Viljoen lewer getuienis en sang.
Deuroffers:  Gemeente-ontwikkeling
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Tee na afloop van erediens

Getuienis & Sang
Len Viljoen bedien vanoggend tydens die erediens ons gemeente met sy getuienis en sang. 'n Gedeelte van Len se inkomste is ten bate van Bless a Blind waardeur die Bybel in braille aan blindes beskikbaar gestel word. Lidmate kan na die erediens voor in die kerk in die beskikbare houer 'n bydrae maak. Bydraes kan ook inbetaal word aan: Bank: FNB, Tak: Worcester, Takkode: 200407, Rekeningnaam: DJL Viljoen, Rekeningnommer: 62617477816, Verwysing: Bless A Blind. CD’s van Len is te koop @ R80 en sal ook in die kerkkantoor beskikbaar wees.

VERLOF – DS GERRIT
Ds Gerrit is met verlof tot 16 Julie. Indien jy 'n leraar benodig, kontak gerus vir ds Smuts  (044 279 1679 / 082 921 6854).

VERLOF – DS SMUTS
Ds Smuts is met verlof vanaf 17 Julie – 6 Augustus.  Indien jy in daardie tyd 'n leraar benodig, kontak ds Gerrit (044 279 1751 / 086 273 2186).

KERKKANTOOR IS GEDURENDE DIE SKOOLVAKANSIE SLEGS OP WOENSDAE 9 – 11 VM  OOP.

DONDERDAG, 29 JUNIE
17h30 Erediens- & Gemeente-bedieningskommissie vergadering

SONDAG, 2 JULIE
09h30  Erediens
Deuroffers:  Gemeentefonds

SONDAG, 9 JULIE
09h30  Erediens
Deuroffers:  Begrafnisbediening

SONDAG, 16 JULIE
09h30  Erediens
Deuroffers:  Gemeentefonds

SONDAG, 23 JULIE
09h30  Erediens
Deuroffers:  Gemeentebediening

SONDAG, 30 JULIE
09h30  Kinderdiens
Deuroffers:  Gemeente Jeug

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R2 740-00
Deuroffers: R864-80
Getal lidmate in diens: 118 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
26/06  Babe Theron, Tuishuis woonstel 69       
27/06  Thelma Schoeman, Aftreeoord 104
04/07  Naas Barnardt, Caves Aftreeoord Nr 2
06/07  Cecilia Gerber, Oxfordstraat 85
13/07  Winnie Swanepoel, Tuishuis W/S 49
16/07  Wilme van der Vyver, Caves Aftreeoord 74
22/07  Thys de Beer, Tuishuiswoonstel 71
23/07  Jannie Maree, Riempie Village No 19
23/07  Sidney Stander, Badenhorststraat 06
26/07  Daan van der Westhuizen, Bellinganhof K233
27/07  Dollie Strydom, Tuishuis W/S 60
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Martie Slabbert, Millenniumpark Siekeboeg
Ockie Alberts, Buitekantstraat
Yvonne Jooste, Kwekery Woonstel No 3
Willie Wepener, Tuishuis W/S 68
Johanna Claassen, Eldorado 63
Christa Ellis, Milleniumpark Siekeboeg
Hettie Muller, Tuishuis W/S 20

Innige meegevoel aan:
Victor Smuts en gesin, met die afsterwe van sy moeder.
Danie Lerm, met die afsterwe van sy vrou, Sienie.
Joey Stears en haar gesin, met die afsterwe van haar man Koos. (Teraardebestelling Maandag 11:00 by graf en 11:30 troosdiens in kerk.)

Noodspens
Baie dankie aan almal vir al die bydraes waardeur ons die Here Jesus se barmhartigheid kan deel met mense wat in nood is. Ons gemeente se Kommissie vir Barmhartigheid sien toe dat bydraes dié bereik wat dit werklik nodig het. In die lig van die komende skoolvakansie en die koue winter, wil ons almal aanmoedig om bydraes (kos, klere, komberse, ens), hoe klein ook al, by die kerkkantoor af te gee.

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

BAKKIE VIR ZIM UITREIK
Ons soek ‘n dubbelkajuit-bakkie of voertuig wat effens hoër is. Ons sal self die voertuig laat diens en diesel ingooi. As iemand weet van iemand,  of self kan help, skakel asb met Anita Koen so spoedig moontlik.

BANKBESONDERHEDE
Vir enige direkte inbetalings of aftrekorders, bv vir dankoffers:
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank     
Rek no 1752044630,
takkode 175205

BASAAR !!!!
Bring jou familie en vriende, en kom geniet die Basaar saam met ons op Woensdag, 9 Augustus. Kafee reeds oop vanaf 10h30. Saaldeure open 11h30. Veiling en ete vanaf 12h00

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties, malvalekkers, chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

 

Kalender

<<  January 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
  1  2  3  4  5  6  7
  8  91011121314
15161718192021
22232425262728
293031    

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 7 guests online