Bulletin 30 Julie – 5 Augustus 2017 Print E-mail
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Gerrit van Schalkwyk:     
Watter geur versprei jy?
Teks:  “...  Deur ons versprei Hy die kennis van Christus oral soos ‘n  aangename geur.  Ons is die wierook wat deur Christus vir God gebrand word, ....”  2 Korintiërs 2: 14-15

VANDAG
09h30  Kinderdiens
Deuroffers:  Gemeente Jeug
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3  GEEN
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Tee na afloop van erediens

MAANDAG – VRYDAG
Ds Gerrit doen huisbesoek in wyk 19

MAANDAG – DONDERDAG
17h30  Biduur in die konsistorie.

DINSDAG & DONDERDAG

09h00  Hoogstraat Bybelstudie
 
DONDERDAG
17 Augustus begin die Bybelstudie weer by Gottlandhuis en Tuishuis.

GEBEDSGELEENTHEID
Maandag, 31 Julie, tot Donderdag, 3 Augustus, om 17h30 in die konsistorie.

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R3 328-50
Deuroffers: R927-60
Getal lidmate in diens: 128 + inwoners van 2 ouetehuise

GETUIENISMAAND
06/08     Francoise Cilliers van CLF
20/08      Gasvryheidssondag
27/08      Ringskanselruiling –   Ds Wilmar Matthee

Let asb daarop dat daar op Sondag, 13 Augustus, geen erediens in die kerk sal wees nie, a.g.v. die Klein Karoo Klassique wat ons perseel en kerk gebruik. U is welkom om by een van die ander gemeentes in te skakel vir dié Sondag.
Daar sal wel Sondag, 13 Augustus, om 09h30 eredienste byTuishuis en Gottlandhuis gehou word.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
01/08  Christa Ellis  
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Yvonne Jooste, Kwekery Woonstel No 3
Hettie Roeland, Oudtshoorn Aftreeoord Siekeboeg
Martie Slabbert, Millenniumpark Siekeboeg
Han van Popering, Hoogstraat 303
Ina Broodryk, Bellinganhof w/s 12

Innige meegevoel aan:
Quintin van Heerden en gesin, met die afsterwe van sy suster,Joekie Crouse.
Anita Koen, La Plume No 1, met die afsterwe van haar suster.

Baie geluk aan:
Ds Gerrit en Ilsa van Schalkwyk met die verlowing van hul dogter, Louise, aan Rudie van Wyk.
Sienie Bessinger, met die geboorte van haar kleinseun.

VERLOF – DS SMUTS
Ds Smuts is met verlof vanaf 17 Julie – 6 Augustus.  Indien jy in daardie tyd 'n leraar benodig, kontak ds Gerrit (044 279 1751 / 086 273 2186).

GASVRYHEIDSONDAG
U word hartlik uitgenooi na ons Gasvryheidsondag, die 20ste.  Indien u iemand ken wat  nog nooit in ‘n kerk was nie of ‘n behoefte het om weer ‘n slag te hoor van God se liefde vir hulle, nooi hulle asb om saam met u die diens te kom bywoon.  Verversings na die tyd.

PARKERING
Parkeer asb binne die lyne agter by die parkeerarea, sodat daar meer spasie vir almal kan wees.

Klein Karoo Kersmark 1 - 4 November
Verseker jou spasie by hierdie jaar se mark, kry jou aansoekvorm by kerkkantoor  / Karen  0835748916  / Marianna  0824671388  / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Aansoeke sluit 1 September. Gebruik hierdie kans om jou kreatiewe handvaardighede [gebak, kuns, naaldwerk ens] as bekostigbare geskenke aan te bied.

BASAAR !!!!
Bring jou familie en vriende, en kom geniet die Basaar saam met ons op Woensdag, 9 Augustus. Kafee reeds oop vanaf 10h30. Saaldeure open 11h30. Veiling en ete vanaf 12h00

BASAAR-ETEKAARTJIES
Braai-combo :  loinskaaptjop, wors, hoender “steak”, roosterkoekie, aartappelslaai en gestolde wortelslaai.
Etekaartjies @ R60 by kerkkantoor te koop tot Maandag, 7 Augustus en Sondae in konsistorie.

POEDINGTAFEL
Baie dankie vir almal wat poedings maak en help skep.  Poedings moet asseblief teen 9h00 by die lokaal wees of dit kan die vorige dag by die lokaal afgegee word. Kontak my indien u wil he dat ek die poedings die vorige dag by u moet kom optel.  Groete. Ellen Marais (082 214 5910)

WIT OLIFANTE
Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE. Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.
 
Tuintafel
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens.
sal ook waardeer word.

HOTDOGS
Ons is asb dringend op soek na ‘n konvenor vir die Hotdogs. Skakel asb vir Ilsa by 0842791797 / 0442791751  indien jy kan help.
 

Kalender

<<  January 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
  1  2  3  4  5  6  7
  8  91011121314
15161718192021
22232425262728
293031    

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 11 guests online