Bulletin 6 - 19 Augustus 2017 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 04 August 2017 11:28
 Ds Francois Cilliers:     
 Teks:  “Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense My dissipels: doop hulle in die naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees, en leer hulle om alles te onderhou wat Ek julle beveel het  ....”  Mat 28:19,20

Baie geluk aan André en Dedré Olivier met die doop van hul dogtertjie, Deané.

VANDAG
09h30  Erediens (Doop)
Deuroffers:  Getuienis
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Tee na afloop van erediens

DINSDAG & DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie

WOENSDAG
BASAAR om 11h30
 
DONDERDAG
17 Augustus begin die Bybelstudie weer by Gottlandhuis en Tuishuis.

SONDAG, 13 Augustus

GEEN  Erediens in kerk

SONDAG, 20 Augustus
GASVRYHEIDSONDAG
09h30  Lofprysingsdiens
Deure: Zimbabwe / Malawi / Mosambiek
15h00 – 21h00  Ringsitting - Welgeluk

VERLEDE WEEK:

Bankkollekte:  R6 135-10
Deuroffers: R1 283-10
Getal lidmate in diens: 235 + inwoners van 2 ouetehuise

GETUIENISMAAND
06/08     Ds Francois Cilliers van CLF
20/08      Gasvryheidssondag
27/08      Ringskanselruiling –  Ds Wilmar Matthee
Let asb daarop dat daar op Sondag, 13 Augustus, geen erediens in die kerk sal wees nie, a.g.v. die Klein Karoo Klassique wat ons perseel en kerk gebruik. U is welkom om by een van die ander gemeentes in te skakel vir dié Sondag.
Daar sal wel Sondag, 13 Augustus, om 09h30 eredienste by Tuishuis en Gottlandhuis gehou word.

KOMMISSIEVERGADERINGS
14 Aug, 18h30:  Spesiale kerkraads-vergadering met ds Gielie Loubser.
15 Aug, 17h00:  Gebed & Getuienis
15 Aug, 18h00:  Eiendomskommissie
16 Aug, 18h00:  Liefde Leef Kommis.
17 Aug, 17h15:  Diensverhoudinge
17 Aug, 18h00:  Finanskommissie

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
06/08  Anna Cronje, Bellinganhof F van Antwerpensaal   
08/08  Cynthia Louwrens, Maredehof w/s
09/08  Bets Vermeulen, Caves Aftreeoord Siekeboeg
12/08  Kitty Brits, Bellinghanhof 1E Vloer K 102
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Han van Popering, Hoogstraat 303
Ina Broodryk, Bellinganhof w/s 12
Karin Louwrens, Villa Fonté 14
Vera Schoeman, Tuishuis
Tienie Stander se kleindogter, Lea, wat moet gaan vir operasie en breintoetse.

Innige meegevoel aan:
Susan Lombard, Randstraat 54, met die afsterwe van haar broer.

Baie geluk aan:
André en Dedré Olivier met die doop van hul dogtertjie, Deané.
Blackie en Betsie Swarts met die doop van hul kleindogter.
Martie Olivier met die doop van haar kleindogter.
Trix Coetzer met die huweliksbevestiging van haar dogter, Suzette, aan Roddie Meiring volgende Saterdag.

GASVRYHEIDSONDAG
U word hartlik uitgenooi na ons Gasvryheidsondag, die 20ste.
Indien u iemand ken wat  nog nooit in ‘n kerk was nie of ‘n behoefte het om weer ‘n slag te hoor van God se liefde vir hulle, nooi hulle asb om saam met u die diens te kom bywoon. Verversings na die tyd.

BASAAR , WOENSDAG!!!!
•    Etekaartjies na erediens in konsistorie en Maandag tot 11vm by kerkkantoor te koop
•    Benodig bestanddele  NB!!!!!!
•    Saal met Kafee open reeds 10h30
•    Binnehof met basaar open 11h30
•    Veiling en ete vanaf 12h00

POEDINGTAFEL
Baie dankie vir almal wat poedings maak en help skep.  Poedings moet asseblief teen 9h00 by die lokaal wees of dit kan die vorige dag by die lokaal afgegee word. Kontak my indien u wil he dat ek die poedings die vorige dag by u moet kom optel.  Groete. Ellen Marais (082 214 5910)

WIT OLIFANTE
Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE. Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

TUINTAFEL
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties, malvalekkers, chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

Klein Karoo Kersmark    1 - 4 November
Verseker jou spasie by hierdie jaar se mark, kry jou aansoekvorm by kerkkantoor  /  Karen  0835748916  / Marianna  0824671388  / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Aansoeke sluit 1 September.  Gebruik hierdie kans om jou kreatiewe handvaardighede gebak, kuns, naaldwerk ens as bekostigbare geskenke aan te bied.

Last Updated on Friday, 04 August 2017 11:34
 

Kalender

<<  April 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      
  2  3  4  5  6  7  8
  9101112131415
16171819202122
23242526272829
30      

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 34 guests online