Bulletin 20 - 26 Augustus 2017 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Monday, 21 August 2017 06:54
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg:     
 Teks:    ”  Jesus het gese:  "Julle is die lig vir die wereld."  (Mat 5:14)

VANDAG
GASVRYHEIDSONDAG
VERBINTENIS TOT GELOOFSGELOFTE-OFFERS
09h30  Lofprysingsdiens
Deure: Zimbabwe / Malawi / Mosambiek
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Tee en koek  na afloop van erediens
16h00 – 21h00  Ringsitting - Welgeluk

Sondag 17:30 RUAG Jeugaksie vir ons tieners by Welgeluk. Ons tieners besoek Tuishuis om saam te sing en kuier. Alle tieners welkom!

MAANDAG
Ds Gerrit doen huisbesoek in wyk 20
Ds Smuts: Kennismaak-besoeke Wyk 32

DINSDAG & DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

VOLGENDE SONDAG
BYBELSONDAG
09h30  Erediens - Ringskanselruiling
Deure: Getuienis
11h15   Kategete en Jeugkommissie
Vergadering in konsistorie.

Sondag, 6 Augustus:
Bankkollekte:  R4 264-45
Deuroffers: R1 117-00
Getal lidmate in diens: 280 + inwoners van 2 ouetehuise

Aanwending van Geloofsgelofteoffers:
•    Go Mad : Lasagne en sappies vir 60
•    CLF : Donasie                    
•    Zimbabwe : Donasie ten opsigte van voertuig.  Bydra tov persone wat by uitreik betrokke is;  Bydrae vir bybels            
•    Missie Japan : Donasie

Ringsitting – Welgeluk
Die volgende persone verteenwoordig die Gemeente:
Ds Gerrit van Schalkwyk
Ds Smuts Janse van Rensburg
Jacques Bruwer
Anita Koen

VERJAARSDAE 80+ jr:   
25/08  Suzy van Rensburg, Tuishuis  
26/08  Marie Visser
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Frik van Zyl, Jonkerstraat 17
Pauline Grundlingh, Buitekantstraat 242
Ronel Crafford, Draaistraat 119
Trudy van der Vyver, St Saviourstraat 51A  
Japie Marais

Dit was ‘n geseënde basaar, met ‘n wonderlike inkomste van  R134 628-00.  Alle eer aan ons Hemelse Vader.
Baie dankie…
Poeding
… aan almal wat so entoesiasties poedings gemaak, opgeskep, verkoop en gekoop het!
Dit & Dat
… vir al die skenkings van plantjies en wit-olifante en vir die omgeegroep se harde werk
Spensgoed
… die tafels het behoorlik gekreun onder al die lekkernye.
Pannekoek, Teetuin, Kombuis
… vir al die heerlike eetgoed.
Etes & Hotdogs
… dit was vinger-lek-lekker.
Kindertafel
… die kinders het heerlik gesmul en gespeel.
Vleiswerkers
… vir verwerking, prys en verkoop van vleis
Braaiers & Potmakers
… vir geurige voorbereiding van kos.
Koeldrannktafel
…  vir heerlike yskoue koeldranke.

WINTERBASAAR 2017
Almal onder die tent geskaar
hou toe heerlik saam basaar!
Kafee en olifant, plant en blom
moes alles in die saal inkom.
By baie tafeltjies sit ons en eet,
almal gesels, koop en weet :
Ook hierdie basaar is genade, Heer,
U seën ons onverdiend elke keer!
Aan alle baksters en brouers
en alle basaar-houers:
DANKIE! DANKIE! DANKIE!

Baie dankie aan al die dames (en menere) wat poeding gebak en aangedra het, vla gemaak het en help skep het. Ons het 570 bakkies geskep en R7 100 ingesamel. Groete. Ellen Marais

GETUIENIS
•   Go Mad
Die Go Mad-span se kamp is geskeduleer vanaf 6 – 8 Oktober 2017 by Matjiesrivier. Gr 7 – gr 12 kinders wat belangstel kan ds Gerrit (0828782954) of
Louise de Wet (0723405270) kontak.  Hulle benodig asb weer 60 Lasagne’s en koeldranke.  Indien iemand bereid sou wees om dit te maak, die bestanddele sal weer aan u voorsien word. Skakel asb vir Anita Koen by  0832948739.
•   Zimbabwe
Vyf lidmate van Moedergemeente gaan saam met Welgeluk Gemeente na Zimbabwe toe vanaf 27 September tot 5 Oktober.  
•   Gebedsgeleentheid 2017
Die gebedsgeleentheid van 31 Julie tot 3 Augustus was baie swak bygewoon.
Die Kommissie stel voor dat daar voortgegaan word met die Gebedsgeleentheid aan die begin van elke jaar, soos bepaal deur die Kerk se kalender, vanaf 06h00 tot 06h30 asook met die Gebedstyd die eerste Vrydag van elke maand (gedurende die Somer vanaf 06h00 tot 06h30 en gedurende die Winter vanaf 06h30 tot 07h00)

RUAG JEUGKAMP
Die kamp is geskeduleer vanaf 27 - 29 Oktober 2017. Kinders wat belangstel kan ds Gerrit  (0828782954) of Louise de Wet (0723405270) kontak.

Go Mad
Die kamp is geskeduleer vanaf 6 – 8 Oktober 2017 by Matjiesrivier. Gr 7 – gr 12 kinders wat belangstel kan ds Gerrit  (0828782954) of
Louise de Wet (0723405270) kontak.

Go Mad Span se Lasagne en koeldranke – ons gee die bestanddele vir iemand wat bereid is om dit te maak. Skakel asb vir Anita Koen by 0832948739.

Klein Karoo Kersmark    1 - 4 November
Verseker jou spasie by hierdie jaar se mark, kry jou aansoekvorm by kerkkantoor  /  Karen  0835748916  / Marianna  0824671388  / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Aansoeke sluit 1 September.  Gebruik hierdie kans om jou kreatiewe handvaardighede gebak, kuns, naaldwerk ens as bekostigbare geskenke aan te bied.

NG Moedergemeente bied aan:
PRETSTAP/DRAF vir Bybels op plaas tussen veldblomme. Almal ontvang ‘n medalje.
SATERDAG, 2 SEPTEMBER 2017
Afstande & Wegspringtye
±21km  Draf                7H30
10km  Stap / Draf        8H15
5km  Stap / Draf          8H30
(Vorms beskikbaar by Kerkkantoor)
INSKRYWINGS VANAF  7H00 – 8H15
INSKRYWINGSFOOI
Volwassenes:   R50-00
Kinders:   R20-00

HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!!
PRETSTAP, 2 SEPTEMBER

Waterpunte :  Indien u besigheid belangstel om ‘n waterpunt te borg en beman, skakel asb vir Jodi - 0823756770 / die kerkkantoor by 0442723130.
Gelukkige trekkings: Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings, Indien u kan help, skakel asb Ds Gerrit by 0828782954 / Ds Smuts by 0829216854/ kerkkantoor by 0442723130.
Poedings:  Indien daar mense is wat poedings of vla kan skenk  skakel asb die kerkkantoor by 0442723130

 

Kalender

<<  April 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      
  2  3  4  5  6  7  8
  9101112131415
16171819202122
23242526272829
30      

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 36 guests online