Bulletin 27 Augustus – 2 September 2017 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 25 August 2017 13:30

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Baie welkom aan ds Wilmar Matthee van Oudtshoorn-Noord wat vandag se erediens waarneem. Baie welkom ook aan Bertine Malan wat vir ons meer inligting oor De Hoop kom gee. Dis Ringskanselruiling en ds Gerrit preek vandag by NG Kerk De Rust en ds Smuts by NG Kerk Oudtshoorn-Wes

Preek:  Ds Wilmar Matthee:     
Teks:    Mat. 13:24-30; 36-43

VANDAG
09h30  Erediens - Ringskanselruiling
Deure: Getuienis
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Tee na afloop van erediens
11h15   Kategete en Jeugkommissie Vergadering in konsistorie.

MAANDAG
Ds Gerrit doen huisbesoek by Gottlandhuis
Ds Smuts: Kennismaak-besoeke Wyk 32
18h00  Kerkraadsvergadering in die Skooltjie.

DINSDAG & DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

VRYDAG
06h30 maandelikse Gebedsgeleentheid in Skooltjie

SATERDAG PRETSTAP !!!!!

VOLGENDE SONDAG
NASIONALE BIDDAG VIR DOWES
09h30  Erediens
Deure: Instituut vir Dowes
Kategese piekniek

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R5 909-90
Deuroffers: R1 406-20
Getal lidmate in diens: 278 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
27/08  Freda van Tonder, Tuishuis
29/08  Nettie Nortjie, Randstraat 60
30/08  Willem van der Merwe, Maredehof N0 6
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Jacomina Graham, Gottlandhuis K 03
Bertha Langenhoven, Maraislaan 431, Palms

Innige meegevoel aan:
Victor Smuts en gesin met die afsterwe van sy pa.
Papenfoes gesin, met die afsterwe van Anna.

Klankstelsel
Die span wat die klank in ons eredienste hanteer, ervaar tans groot uitdagings met die klankstelsel. Die kerkraad en klankspan skenk die nodige en dringende aandag aan die saak ten einde seker te maak dat almal in die erediens behoorlik kan hoor. So 'n probleem word egter nie oornag opgelos nie, daarom vra ons almal se begrip en geduld totdat daar 'n permanente en bevredigende oplossing gevind is. Intussen sê ons dankie aan die span wat gedurende die week ure insit en Sondag na Sondag aan diens is om die klank en beeld (rekenaar) te hanteer. Dankie vir julle diensbaarheid en gesindheid!

Klein Karoo Kersmark    1 - 4 November
Verseker jou spasie by hierdie jaar se mark, kry jou aansoekvorm by kerkkantoor  /  Karen  0835748916  / Marianna  0824671388  / This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it
Aansoeke sluit 15 September.  Gebruik hierdie kans om jou kreatiewe handvaardighede gebak, kuns, naaldwerk ens as bekostigbare geskenke aan te bied.

Geloofbelofte-offer verbintenis:
Ons het verlede Sondag inligting uitgedeel oor ons gemeente se betrokkenheid by getuienisprojekte.
Ons het dit uitgedeel met 'n versoek dat jy:
1) Sal bid vir die gemeente se getuienisprojekte
2) Dit biddend sal oorweeg om by die gemeente se getuieniskommissie aan te sluit (kontak Anita Koen of een van die leraars)
3) Jouself vrywillig tot 'n geloofsbelofteoffer sal verbind tot ondersteuning van die gemeente se getuienisprojekte
Ons het ook n briefie uitgedeel waarin jy jou vrywillig tot 'n geloofsbelofte-offer kan verbind. Ons het dit uitgedeel met n versoek dat jy oor die saak sal bid en dan die briefie sal invul en inhandig (in dankoffersakkie of by kerkkantoor).

NG Moedergemeente bied aan:
PRETSTAP/DRAF
vir Bybels in wildskamp tussen veldblomme en diere. Almal ontvang ‘n medalje.
SATERDAG, 2 SEPTEMBER 2017 by Tsumkwe, tweede ingang by stoor aan linkerkant. (16km op De Rust-pad)
    
Afstande & Wegspringtye
±21km  Draf                7H30
10km  Stap / Draf        8H15
5km  Stap / Draf          8H30
(Vorms beskikbaar by Kerkkantoor & Roosters Den)

INSKRYWINGS VANAF 7H00 – 8H15
INSKRYWINGSFOOI :  Volwassenes:   R50-00 en Kinders:   R20-00

Gelukkige trekkings sal 10:30 begin!  
Koffie/tee, koeldrank, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop.
Sien julle daar, dit gaan lekker wees!

NAVRAE:  Jodi 0823756770  of Riaana  0845839146 of kerkkantoor 0442723130

HELP ASB!!!!!!!!!!!!!!!!
PRETSTAP, 2 SEPTEMBER
Gelukkige trekkings: Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings.  Indien u kan help, skakel asb Ds Gerrit by 0828782954 / Ds Smuts by 0829216854/ kerkkantoor by 0442723130.

Pannekoek:  Ons benodig asb baksters, en deeg-aanmakers

Inskrywings & verkope:  Daar word ook mense benodig by inskrywings en verkope. Indien u kan help, skakel asb kerkkantoor by 0442723130. Ons kan dit nie sonder julle hulp doen nie.

Pretstap Poedingmakers
Bring gebak of gewone poeding asb Vrydag (9-11) na kerkkantoor of kontak Marianna – 044-2720098/082 467 1388. Poedings word Vrydagaand geskep. Ons het genoeg vla, dankie.

Go Mad Span se Lasagne en koeldranke – ons gee die bestanddele vir iemand wat bereid is om dit te maak. Skakel asb vir Anita Koen by 0832948739.

Koor vir Kerssangdiens:
Mariaan (orreliste) oorweeg om 'n koor uit ons gemeente by die Kerssangdiens te betrek. Sy nooi almal wat graag deel wil wees van die koor om haar na die erediens by die orrel te ontmoet. (Of kontak haar by 0442791679 / 0823197733)

Transnet PHELOPHEPA gesondheidskliniek:
Transnet se trein met 'n gesondheidskliniek besoek Oudtshoorn vanaf 28 Augustus - 1 September, en weer vanaf 4 - 8 September. Mediese dienste soos oogtoetse (en verskaffing van brille), tandheelkundige dienste, diabetes-, kanker- en ander toetse, word óf gratis óf teen 'n bekostigbare prys  aangebied. (Die duurste is brille wat teen R30 verskaf word.) Kontak Laurika Du Bois 082 886 5583

Last Updated on Friday, 25 August 2017 13:48
 

Kalender

<<  April 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      
  2  3  4  5  6  7  8
  9101112131415
16171819202122
23242526272829
30      

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 30 guests online