Bulletin 3 - 16 September 2017 Print E-mail

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin

VANDAG
NASIONALE BIDDAG VIR DOWES
09h30  Erediens
Deure: Instituut vir Dowes
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Kategese Piekniek by pastorie
Tee na afloop van erediens by pastorie.
RUAG Jeugaksie:  17:30 by NG Welgeluk RUAG Jeugaksie byeenkoms waar RUAG se kamp bekendgestel word en ook gaste kry van Operasie Mobilisasie wat die aand saam gaan kuier.

MAANDAG
Ds Smuts: Kennismaak-besoeke Wyk 32

DINSDAG & DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

SONDAG, 10 September
LAPROSIEDAG (Melaatse)
TOERUSTINGSONDAG
09h30  Voorbereidingsdiens  
Deure: Gratis lektuur

SATERDAG, 16 September
10h00  Lektuurverspreiding

SONDAG, 17 September
09h30  NAGMAAL  
Deure:  Sinodale Aanslag

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R4 133-00
Deuroffers: R1 087-90
Getal lidmate in diens: 209 + inwoners van 2 ouetehuise

Koor vir Kerssangdiens:

Mariaan (orreliste) oorweeg om n koor uit ons gemeente by die Kerssangdiens te betrek. Sy nooi almal wat graag deel wil wees van die koor om haar na die erediens by die orrel te ontmoet. (Of kontak haar by 0442791679 / 0823197733).  Ons eerste oefening is Dinsdag 17:30 (in die kerk).

LIEF EN LEED

VERJAARSDAE 80+ jr:   
05/09  Louis van Huyssteen, Oranjestraat 16A  
06/09  Sannie du Plessis, Tuishuiswoonstel 30
06/09  Rita Venter, Hoogstraat 161A
07/09  Hester Knoesen, Tuishuis W/S 07
10/09  Willie Roelofse, St Saviourstraat 022
12/09  Ria Bergh,  Odn Aftreeoord 128
15/09  Joyce Stears, Randstraat 44
15/09  Miriam Viljoen, Hoogstraat 244 w/s C
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Engela Swart, Hoogstraat
Thys de Beer, Tuishuiswoonstel 71
Ettiënne Crook, Van der Rietstraat 21A
Han van Popering, Hoogstraat 303
Erika Meyer, Elizabethhof 16
Estelle Heyns, Gottlandhuis

Innige meegevoel aan:
Kleyn familie, met die afsterwe van Ollie.
Dekker familie, met die afsterwe van Ellen.
Nellie Meyer en gesin, met die afsterwe van Basie

SINODALE KOLLEKTE VIR NASIONALE INSTITUUT VIR DOWES (NID)
Die Nasionale Instituut vir Dowes is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om die Dowes se stilte en afgesonderdheid te verbreek deur vir hulle taal aan te leer, die Woord van God te leer, en alles-omvattende dienste te verskaf.
Dowes en persone met erge gehoorverlies se gehoor is in so ‘n mate aangetas is dat dit nie as primêre middel van kommunikasie gebruik kan word nie. As sulks moet Dowes enorme kommunikasie-uitdagings en ongelykhede trotseer wanneer hulle dienste en gemeenskapsprosesse, net vir alledaagse prosesse moet bereik.
Vandag, 135 jaar later, is die Nasionale Instituut vir Dowes verantwoordelik vir Volwasse meervoudig-gestremde Dowes wie nie selfstandig kan funksioneer nie en residensiële sorg en beskermde werkswinkels binne ‘n terapeutiese omgee-gemeenskap ontvang. Twee tehuise vir bejaardes op Worcester en in Bellville skep ‘n veilige en gemaklike omgewing vir Dowes asook liggaamlik gestremde Dowes en Doof-blinde persone. Die NID Akademie bied ‘n verskeidenheid steundienste waaronder maatskaplike en terapeutiese ondersteuning aan persone met gehoorverlies. NID Kollege bied verskeie ge-akkrediteerde beroepsopleidingsprogramme vir dowe studente aan.
Tans word Dowes ook as predikante en pastore opgelei by Deaf Christian Ministry Africa by NID om die meer as 400 000 moeilik bereikbare Dowes in Suid-Afrika te bedien met die Woord.

LIEFDE LEEF
Ons, as gemeente, leef ons missie Liefde Leef uit.  Die Liefde Leef groepie wil graag in die gemeenskap saam met gemeentelede verskeie projekte loods as praktiese uitvoering van hierdie missie.  Een projek waar u kan betrokke raak is by kospakkies aan mamma’s wat die buite kliniek by die hospitaal op Woensdae besoek.  Ons is opsoek na bemoedigende briefies/teksverse;  individuele sakkies suiker, koffie, tee, melk; kitspasta; pakkies sop; koekies en dalk enige iets vir mamma van koekies seep, waslappies, babaklere.

Eljada-Kairos Skool (oorkant polisiestasie) hou ‘n Lentemark op Saterdag 16 September vanaf 08:30-13:00.  Maak gerus ‘n draai vir handgemaakte produkte en daar sal wees van alles en nog wat en geniet ‘n heerlike pannekoek of roosterkoek in hul teetuin.

Noodspens
Ons noodspens word vir verskeie projekte aangewend en ons kan altyd enige iets gebruik. Vars produkte kan deur ons verwerk word, sop kan gevries en uitgedeel word, enige klere of huisraad, enige items soos seep en tandepasta. Kontak Ellen  Marais by 082 214 5910

Go Mad Span se Lasagne en koeldranke – ons gee die bestanddele vir iemand wat bereid is om dit te maak. Skakel asb vir Anita Koen by 0832948739.

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE?
Saterdagoggend, 16 Sept om 10 tot 11 vm. Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie – net uithou en gee. Dis deel van ons gemeente se gehoorsaamheid om die liefde van Jesus te leef. Net vir ‘n uur.
Sien uit om jou daar te sien.

NG Kerk Volmoed Dankfees
Alles wat jy op 'n regte boerebesaar kry!!
Plek:  16 September 2017 om 11:00.  Kiosk open reeds om 10 uur by  NG Kerk Volmoed Kerksaal
Etes @ R60:  Halwe hoender, 2 slaaie en roosterkoek
Ete-kaartjies is beskikbaar by  Annelet 082 709 2908,  Daan 082 219 1517 en Koos 072 297 0531

MOEDERGEMEENTE: PRETSTAP VIR BYBELS!!!!!

Baie dankie aan al die deelnemers en almal wat hard gewerk het om van dié dag ‘n sukses te maak. Ons waardeer al die skenkings en hulp.
Baie dankie aan die volgende Borge.  Ondersteun hulle asb:
Badenhorst Slaghuis  *  Beans about Coffee  *  Belo  Cebo * Brilliant Computers * Bushmans Curios * Casa Del Sole * Christa’s Skoonheid en Haarsalon  * Coco Boutique * De Jagers  *  De Lange Slaghuis  * Delene’s Hair * Enchanted *  Golden Scissors  *  Hannes & Chrismari Terblanche  *  Jemima’s  *  Jimmy en Marisha Serfontein  * Just Ice  *  Kannaland * Karoo’sie  * Karoo Antiques * Klein Karoo Agri *  Klein Karoo Toyota  *   La Prima Uitverhurings  *  Leon Lategan * Lucia Greeff  *  Lugro  *  Mamash * MD Computer Systems   *  Miles Verwe  *  Nostalgie  *  Ocean Basket * Oudtshoorn Blommemark  *   Oudtshoorn Inn Hotel  * Oudtshoorn Markagentskap  *   Paint Pot * Paradise Pets & Sport * PNA  *  Roosters Den * Kobus & Riana Terblanche *  Santorina * Seeff * Serious Hair  *  Spensgoed * Stephri Lategan * Swans Kwekery  *  The Flying Ostrich  *  Total Swartberg  * Wieldokter * Winston Linford Motors

 

Kalender

<<  January 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
  1  2  3  4  5  6  7
  8  91011121314
15161718192021
22232425262728
293031    

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 9 guests online