Bulletin 22 Oktober – 4 November 2017 Print E-mail
Preek:  Ds Gerrit van Schalkwyk:     ‘n Atletiese geloof

VANDAG
09h00  Nagmaal
BELYDENISAFLEGGING
Deuroffers:  Herberg Kinderhuis (Huis E)
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Tee na afloop van erediens.

MAANDAG
Ds Smuts: kennismaak besoeke wyk 33.

DINSDAG & DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

SONDAG, 29 OKTOBER
 09h00  Dankseggingsdiens  
Deuroffers:  Gemeentefonds

Ds Smuts bedien vanoggend die Woord en die heilige sakrament van die doop in die NG Gemeente George-Suid.

Die Kerkkantoor is gesluit vanaf Woensdag, 1 – Vrydag, 3 November

BELYDENISKLAS
Luce-Marie Conradie    –  Danie & Karin
Terence Crook         -  Gerald & Annelize
Jozaé Fourie        -  George & Carina
Shané O’Neale         -  Renier & Martha
Anna-Mart Schutte        -  Annelize
Anrich Stander        -  Karen
Julle is die lig vir die wêreld - Matt. 5:14 -

Liewe Here, help my om aan te bied:
My begrip vir iemand wat wil hê 'n ander moet luister,
My bedagsaamheid vir iemand wat nodig het om te  weet dat 'n ander omgee,
My vriendelikheid vir iemand wat onvriendelik deur die lewe behandel word.
My geselskap vir iemand wat eensaam is,
My kalmte vir iemand wat onseker, verward of verdwaas is ,te kan sê GOD het jou lief.
My welwillendheid teenoor heel U skepping,
My deernis vir alles wat lewe.


LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
24/10    Rina Bekker, Tuishuis W/S 35
31/10    Barry Roeland, H van Heerden Boulevard 393
31/10    Max van der Vyver, Bellinganhof
01/11    Rona Barnardt, Millennium Park 100
01/11    Mark Fivaz, Jacquin Place 2
04/11    Ina Müller, Tuishuis W/S 57

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Han van Popering, Hoogstraat 303
Boet Jonck, Van Rheede hof E
Japie Marais, Victoriastraat 69
Yvonne Jooste, Kwekery Woonstel No 3
Ockie Alberts
Lenette Fourie

Innige meegevoel aan:

Marie van Jaarsveld en Brenda Dicker, met die afsterwe van hul broer.

Let asb daarop dat die koster met verlof is en dat Dawid Bresler
tot 26 Oktober in sy plek aflos. U kan Dawid kontak op 0 732972082

Liefde leef
Talle kinderhuise in ons land, onder andere die Herberg Kinderhuis op Robertson, is destyds deur die sinode as 'n gesamentlike projek van NG gemeentes opgerig. Gemeentes in ons sinode bly in opdrag van die Here betrokke by die versorging van kinders in kinderhuise. Ons gemeente is saam met ander gemeentes betrokke by die Herberg Kinderhuis. Een van die huise by hierdie kinderhuis word deur ons gemeente bedien. In die komende week word daar by hierdie huis geskenkpakkies by die kinders en huismoeder afgelewer. Baie dankie aan elke vrou wat betrokke is en 'n geskenkpakkie saamgestel het. So wys ons ook aan hierdie kinders dat die Here se liefde leef!

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R5 721-10
Deuroffers: R2 002-00
Getal lidmate in diens: 266 + inwoners van 2 ouetehuise

ELJADA INSTITUUT
‘n Kerspartytjie word beplan vir Eljada op 16 Desember 2017. Kontant donasies of toiletware soos waslappies, tandepasta/borsels, ens word benodig.
Skakel Miriam Bence by 0442727873.  ‘n Baie groot Eljada dankie!!!!

LIEFDE LEEF
Ons, as gemeente, leef ons missie Liefde Leef uit.  Die Liefde Leef groepie wil graag in die gemeenskap saam met gemeentelede verskeie projekte loods as praktiese uitvoering van hierdie missie.  Een projek waar u kan betrokke raak is by kospakkies aan mamma’s wat die buite kliniek by die hospitaal op Woensdae besoek.  Ons is opsoek na bemoedigende briefies/teksverse;  individuele sakkies suiker, koffie, tee, melk; kitspasta; pakkies sop; koekies en dalk enige iets vir mamma van koekies seep, waslappies, babaklere.

ACVV TUISHUIS – FONDSINSAMELING
Voor Tuishuis in Baron v Reedestr 65
Op Vrydag, 27 Oktober 2017
•  Allerleitafel – GROOT Uitverkoping op klerasie vanaf 08:00 – 11:30
•  Teetuin – Kaartjies beskikbaar by Tuishuis @ R15 (1 soet / 1 sout) vanaf 09:00 – 11:30

KRUISSEMINAAR – 22 TOT 26 Oktober 2017
Ds. Piet du Toit bied vanaf 22 tot 26 Oktober 2017 elke aand om 18:30 die seminar “Bevryding deur die Kruis” aan in die kerkgebou van Oudtshoorn-Wes Gemeente. Hy begin reeds die Sondagoggend.
 
Die volgende temas word bespreek:
Sondagoggend 22 Oktober om 09:00   :   Ek roem in die Kruis – Gal 6:14
Sondagaand 22 Oktober om 18:30       :   Ontdek jou ware Identiteit I
Maandagaand 23 Oktober om 18:30    :   Ontdek jou ware Identitieit II
Dinsdagaand 24 Oktober om 18:30      :   Die omgeruilde lewe
Woensdagaand 25 Oktober om 18:30  :   Die volledige boodskap & werk van die Kruis
Donderdagaand 26 Oktober om 18:30 :   Die Kruis in die praktyk van elke dag

Eerstejaarskampe:
Aan dié van julle wat volgende jaar aan een of ander tersiêre inrigting gaan studeer (waar ookal in die land) – ons wil julle aanmoedig om 'n eerstejaarskamp by te woon. Die kampe is baie pret, maar daardeur ontmoet jy ook Christenvriende en word gelei en toegerus vir die nuwe fase van die jou lewe. Kontak ds Gerrit of ds Smuts vir meer besonderhede.

KERSMARK  1 – 4 NOVEMBER 2017

WO – VR   9:30 – 19:00 en SA  9:00 – 15:00

TEETUIN AANDETES:  vanaf 17:30
Wo: Kerrie afval & Hot Dogs
Do:  Bou ‘n Burger
Vr:  Koop rou & Braai self gou  
SIEN JOU DAAR!

KERSMARK-HELPERS
Ons benodig asb nog so 27 diensdoeners by KERSMARK – veral middae vanaf 3uur tot saans 7uur! Vul asb groen blaadjies in; u hulp sal baie waardeer word.
Persone wat reeds hulp aangebied het, se dienstye is in konsistorie na kerk. Met dank,  ilsa.

KERSMARK :
As daar nog enigiemand is wat kan help by die teetuin tydens die Kersmark, kontak asb vir Mariaan van Rensburg 0442791679/0823197733.
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 71 guests online