Bulletin 12 November – 2 Desember 2017 Print E-mail

Preek:
Ds Smuts Janse van Rensburg:   Geseënd is dié wat treur, want hulle sal vertroos word.  (Mat 5:4)

VANDAG
09h00  Lofprysingsdiens
(Terugvoer van uitreik na Zimbabwe)
Deuroffers:  Gottlandhuis
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 - 10 tydens kerkdiens
Tee na afloop van erediens.

DINSDAG & DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

SONDAG, 19 NOVEMBER
09h00  Erediens  (Doop)
Deuroffers:  Rings-Armoede Kommissie
Bring asb kinders erediens toe, om direk daarna (10:00) die Kersspel, met die oog op die Kerssangdiens van 26 November, in te oefen.

Die skriba is met verlof vanaf 20 – 24 November. Danie Niemand sal in haar plek aflos.

SONDAG, 26 NOVEMBER
09h00  Kinderdiens
Kinderdankofferkoeverte inhandig
Deuroffers:  Dopelinge
10:00  Kategese afsluiting
19h00  KERSSANGDIENS
Deuroffers: Liefde Leef Kommissie

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R3 585-45
Deuroffers: R1 109-70
Getal lidmate in diens: 181 + inwoners van 2 ouetehuise

Kersmark
Baie dankie aan die gedugte span lidmate wat so hard gewerk het.  
‘n Spesiale woord van dank aan die Kersmark kommitee vir hul maandelange beplanning, laat nagte en goeie organisasie, dit word opreg waardeer. Aan die Here al die eer en dank!

Diensverhoudingkommissie:  Maandagaand, 27 November, om kwart oor 5 nm in die kerkkantoor.
Finanskommissie:  Maandagaand, 27 November, om 6 nm in die kerkkantoor.

KERKRAADSVERGADERING
Onthou asb van die Kerkraadsvergadering Woensdagaand, 29 November, om 18h00 in die Skooltjie.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
12/11  Johnnie Fletcher, Milliniumpark 94
17/11  Hettie Muller, Tuishuis W/S 20
18/11  Emily Spies, Tabakstraat 12  
19/11  Nelie Coetzer, Martinique Woonstel Nr 06
20/11  Eben Strydom, Tuishuis W/S 66
22/11  Hannah Nortje, Tuishuis W/S 9
23/11  Emma Nolte,  Tuishuis W/S  27
27/11  Anna Nortier, Gottlandhuis K10
28/11  Hilda Zeelie, Gotlandhuis K24
02/12  Rina Malan, Tuishuis W/S 42

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Jackie Stander, Russtraat 8
Anita Koen,  La Plume 1
William Odendaal, Oudtshoorn Aftreeoord
Manus Blignaut, Oewerpalms 1
Freda Müller, Jonkerst 21
Magriet Coetzee, Klapperbosrand 46
Anna Nortier, Gottlandhuis K10
Anru en Louis de Wet (en familie) wie se pa (Louis) ernstig siek is.

Innige meegevoel aan:
Karen Rademan (Hoogst 177) en haar geliefdes, met die afsterwe van haar swaer.
Johanna Gerber (Bellinganst 1B) en haar kinders, met die afsterwe van Chris
Chris Botha (Hillst 71) en sy seun Louis, met die afsterwe van sy ander seun Christiaan.

SONDAG, 19 NOVEMBER
Geen Kategese, MAAR ons vra ouers baie mooi om hulle kinders erediens toe te bring om direk daarna (10:00) die Kersspel, met die oog op die Kerssangdiens van 26 November, in te oefen.  (Ouers kry vandag briefies in hierdie verband.)

SONDAG 26 NOVEMBER
Na die KINDERDIENS om 09:00, is die afsluiting van die kategese in die kerkgebou. Ouers word aangemoedig om die geleentheid by te woon.  Die KERSSANGDIENS is om 19:00.  Ouers word versoek om die geleentheid saam met hulle kinders by te woon, aangesien die kinders ook gaan deelneem aan die Kersspel tydens die diens.
Onthou: Elkeen bring 'n kers met 'n hand-beskermer sodat die kerswas nie kan drup nie.


KERSSANGDIENS MOEDERGEMEENTE
Sondagaand, 26 November, om 7nm. Bring asb ‘n kers in ‘n blakerhouer saam.
U word vriendelik versoek om ‘n lekker bederfie vir minder bevoorregtes saam te bring.  Ons wil hul harte met ‘n spesiale geskenkie tydens Kerstyd  verbly.  Deuroffer: Diens van Barmhartigheid

DEUR- EN TEEDIENS
Ons benodig asb lidmate wat bereid is om Sondae deurdiens of teediens te doen. Enige belangstellendes kan Anita Koen skakel by 0832948739.  Of die skriba by 0442723130

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE?
Saterdagoggend, 25 November om 10 tot 11 vm, kan jy dalk iemand se rigting verander van die hel na die hemel en van die dood na die lewe. Hoe? Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie – net uithou en gee. Dis deel van ons gemeente se gehoorsaamheid om die liefde van Jesus te leef. Net vir ‘n uur. Sien uit om jou daar te sien.

Vriendelike versoek:
Ons wil graag deur ondersteuning, gebede én besoeke die Here se liefde laat leef teenoor siekes. Lidmate wat in Klein Karoo Mediclinic opgeneem word, word versoek om by opname op die vorm aan te dui dat hulle lidmate van Moedergemeente is. Indien 'n lidmaat in enige ander hospitaal opgeneem word, versoek ons dat die dienswerker/kerkraadslid/leraar in kennis gestel word.

ELJADA INSTITUUT
‘n Kerspartytjie word beplan vir Eljada op 16 Desember 2017. Kontant donasies of toiletware soos waslappies, tandepasta/borsels, ens word benodig.  Skakel Miriam Bence by 0442727873.  ‘n Baie groot Eljada dankie!!!!

Geleentheid gesoek:
'n Senior lidmaat van ons gemeente soek 'n geleentheid Kaap toe (Noordelike voorstede) om oor die Kerstyd vir sy familie te gaan kuier.  As enigiemand kan help met 'n geleentheid op 16 Desember (of so gou as moontlik daarna), kontak asb vir ds Smuts (044 279 1679 / 082 921 6854).

 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 72 guests online