Bulletin 28 Januarie – 4 Februarie 2018 Print E-mail
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Preek:  Ds Smuts Janse van Rensburg:     
Jesus het gesê:  Julle moet in My bly en Ek in julle  (Joh 15:4)

VANDAG
09h00  Erediens  
Deuroffers:  Arbeidsbediening Plaaslik
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.
Kategetevergadering vanoggend om 10h30 in konsistorie.
Tee na afloop van die diens.
Ds Gerrit is vanoggend op De Rust by geleentheid van ds Van Loggerenberg se uitdienstreding. Ds Gerrit sal as konsulent namens die ring aan ds Van Loggerenberg demissie verleen.

MAANDAG
Ds Gerrit doen huisbesoek by Bellinganhof
18h30 Simboliekvergadering - konsistorie beplan…..

DINSDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. pastorie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie
18h30  BASAARVERGADERING in die konsistorie om 21 Maart te beplan...
Bybelstudie by Gottlandhuis & Tuishuis begin 15 Februarie.

VRYDAG
06h00 is ons maandelikse gebedsgeleentheid in die Binnehof. 

SONDAG
09h00  Evangelisasiereeks – Dr Kobus v Zyl  
Deuroffers:  Gemeentebediening
18h30   Evangelisasiereeks – Dr Kobus v Zyl

VERLEDE WEEK: 
Bankkollekte:  R5754-70
Deuroffers: R1 390-00
Getal lidmate in diens: 360 + inwoners van 2 ouetehuise

SIMBOLIEK
Almal wat belangstel vergader Maandag, 29 Januarie om 18h30 in die konsistorie om Lydenstyd se 7 weke te beplan. Bring asb oulike voorstelle!

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
29/01   Estelle Heyns, Bellinganhof  
30/01   Bettie Kritzinger, Oudtshoorn Aftreeoord 5
01/02   Josie Steyl, Bellinganhof

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Nelleke van Popering, Hoogstraat 303 

EVANGELIESASIEREEKS:
Ons nooi almal uit na die reeks van 4 byeenkomste
Prediker: Dr Kobus van Zyl (NG Kerk Reebok, met opdrag missionale gebedsbediening in Afrika)
Tema: "Geroep, toegerus, gestuur"
Dienstye :    
Sondag, 4 Februarie om 09:00 – Deut 6:6-9 ... Ons gestuurdheid in die wêreld
Sondag, 4 Februarie om 18:30 – Gen 28:10-22 ... Jakob
Maandag, 5 Februarie om 18:30 – Gen 45:1-10 ... Josef
Dinsdag, 6 Februarie om 18:30 – Eks 3:1-14 ... Moses 
U is welkom om ‘n kwartuur voor die tyd te kom om heerlik saam met die orkes te sing.
Moenie hierdie geleenthede misloop nie!

Gebedsweek
Dankie aan almal wat hierdie week met die Week van Gebed getrou kom saam bid het. Mag Moedergemeente in 2018  'n biddende gemeente wees!

Leraar:    Ds Gerrit van Schalkwyk:          Tel:    0442791751 :    Sel:   0828782954
Leraar:        Ds Smuts Janse van Rensburg:   Tel:    0442791679 :    Sel:   0829216854
Kerkkantoor:  Tel: 0442723130 :    Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks: 0865613247 :    Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it           :    www.moeder.co.za

Iets om oor na te dink...  en te doen

Gebed  is nie 'n manier om van God te kry 
wat ons die graagste wil hê nie. 
Gebed is om onsself aan God te gee, 
om sy gebooie te gehoorsaam, 
sodat Hy deur óns kan doen 
wat Hy die graagste gedoen wil hê. 
(Agnes Sanford)!

 

Kalender

<<  February 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
     1  2  3
  7  8  91011
12131415161718
19202122232425
262728    

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 52 guests online