Bulletin 18 Febr - 3 Maart 2018 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 16 February 2018 10:24
Welkom by die erediens en aan die NAGMAALSTAFEL as deel van God se huisgesin. Baie welkom aan ds Schalk en Dorrette Kotze wat kom kuier het.
Geluk aan Ilsa van Schalkwyk met haar verjaarsdag Dinsdag! Mag jy n wonderlike dag beleef, en mag jy in die nuwe lewensjaar die seën van ons Heer beleef! Dankie omdat jy reeds vir soveel jare vir ds Gerrit in die bediening ondersteun, en dankie dat jy self ‘n voorbeel van diensbaarheid en toewyding is.
Ds Gerrit bevestig vandag die nuwe predikant op De Rust.

Ds Smuts Janse van Rensburg:     
Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! (Joh 1:29)

VANDAG
TWEEDE LYDENSWEEK
09h00  NAGMAAL  
Deuroffers:  Gemeentebediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na erediens.
Tee na afloop van die erediens.

MAANDAG
Ds Gerrit doen huisbesoek by Stolsvlakte
Ds Smuts doen besoeke in Tuishuis

DINSDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie

WOENSDAG
17h15      Diensverhoudingkommissie
18H00    Finanskommissie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
 09h30 Bybelstudie by Tuishuis

SONDAG
DERDE LYDENSWEEK
09h00  Dankseggingsdiens
Deuroffers:  Gemeentebediening

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R3 062-00
Deuroffers: R1 074-00
Getal lidmate in diens: 143 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
21/02   Kleintjie van Niekerk

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Koos Spies, Hoogstraat 177
Judy van der Berg, Hugenootstraat 07
Winnie Swiegelaar, Gottlandhuis K28
Jeanette Olivier, Badenhorststraat 21
Anna-Mart Schutte, Oewerpalms 7
Franswa Stassen, Lamprechtstraat 443
Louis de Wet, Van Der Westhuizenstraat 35
Japie Kritzinger, Oudtshoorn Aftreeoord 5
Arina van Zyl se ma wat ernstig siek is.
Anru & Louis de Wet se pa wat ernstig siek is.

Op ‘n Kerkraadsvergadering is die vlg persoon benoem as kerkraadslid:
Ries Dempsey - Diensverhoudinge
Vir kennisname.

KOMMISSIEVERGADERING
Diensverhoudingkommissie:  Woensdagaand, 21 Februarie, 17h15 in die kerkkantoor.
Finanskommissie:  Woensdagaand, 21 Februarie,  18h00 in die kerkkantoor.
Lidmate wat graag diensbaar wil wees en oor die gawes en kundigheid beskik, word genooi om deel te wees van die onderskeie kommissies.

Wêreldbiddag vir Vroue!
‘Vrydagoggend, 2 Maart om 10vm in die kerk.  Alle dames word uitgenooi.

Wêreldbiddag vir Mans – Saterdag 3 Maart 06:30 in Skooltjie
Ons nooi alle mans (van alle gemeentes) om op die Wêreldbiddag vir Mans in gebed voor die Here te kom buig in gebed. Ons gaan die Heer se Naam aanroep en vir verskeie sake voorbidding doen.
Nooi 'n vriend – maak nie saak van watter gemeente nie. Almal is welkom!
Bring jou beker – ons gee vir jou koffie en beskuit! Ons drink koffie van 06:30 en begin om 06:45 saam bid.

Diensbaar in ons gemeente – laat só Sy liefde leef
Die Kommissie vir Gemeentebediening nooi lidmate (veral jonger lidmate!!!) om betrokke en diensbaar te wees. Ons wil vir meer en meer lidmate geleentheid gee om hulle gawes te gebruik. Hier is jou kans – rol op jou moue, kom na vore en laat ons Heer se liefde leef. Jy kan help met:
•         Deurdiens op Sondae: Jou vriendelike glimlag by die kerk se deur is dalk net wat nodig is om iemand wat erediens toe kom tuis te laat voel.
•         Skink tee na kerk en was skottelgoed op: Sondae se teedrink-geleentheid is vir sommige die lekkerste (dalk enigste) kuiergeleentheid van die week.
•         Lektuurverspreiding: Kom deel in die uitdeel van betekenisvolle traktaatjies. So kan jy, sonder om 'n woord te sê, 'n sendeling wees wat ons Heer se liefde uitdra.
Kontak asb: Anita Koen 044 279 2708 / 083 294 8739

Parkering op kerkgrond – 'n vriendelike versoek
A.g.v. die beperkte parkeerruimte op ons perseel, het die koster parkeerplekke afgemerk sodat 'n maksimum aantal motors parkering kan vind. Ons wil 'n vriendelike versoek rig dat motors binne die afgemerkte parkeerplekke sal parkeer. Ons sê ook dankie aan die veiligheidswag wat Sondae help met die aanwys van parkering binne die afgemerkte plekke.

Beheerrade – Diensbaar met jou gawes en kundigheid
Daar is by skole en talle inrigtings van tyd tot tyd verkiesings vir beheerrade. Die moderatuur het onlangs 'n briefie gestuur om gelowiges met gawes en kundigheid aan te moedig om hulle juis as gelowiges beskikbaar te stel vir verkiesing tot beheerrade. Op so 'n manier kan 'n mens ook in die Heer se koninkryk buite die kerk diensbaar wees. Lidmate met kundigheid op die vlak van bestuur, leierskap, regsgeleerdheid, finansies, eiendomme en menslike hulpbronne word veral aangemoedig om hulleself aan te meld. Ons as Christene moet bereid wees om sonder vergoeding en sonder om erkenning te soek, 'n positiewe verskil te maak in ons samelewing.

Oggendbasaar op 21 Maart [ Menseregtedag ]
Groot dank aan die volgende konvenors.
Laat ons hierdie voorvatters asb self kontak en ondersteun.
Braaivleis             Anru de Wet                  082 414 4982
Gebak                Margaret  van Rensburg    084  515 8799
                         Elaine  Martin                  076 162 0804
Hotdogs             JulianaStrüwig                 0845637362           
Kafee                 Sonja McKay                   082 904 2137
Kinders               Marian Swart                  082 855 1389
Pannekoek          Marie Verwey                 082 946 4087
Poeding              Ellen Marais                    082 214 5910
Pot                    Marius Strydom               071 135 0517
Rou vleis             Marie Briel                      083 701 5538
Sementbakke      Lenie de Vos                  082 340 4891
Slaaie                 Barend Smit                   082 353 6661
Wit Olifante        Anita Koen                     083 294 8739
Koeldrank           ????

Oggendbasaar op 21 Maart [ Menseregtedag ]
[ 1 ]    Etekaartjies is beskikbaar by Kerkkantoor teen R65 elk.
  Potjiekos-kaartjies teen R40.
[ 2 ]    Ons benodig hulp by alle tafels. Dalk kan u help met vetplantjies,
  plat bierboxies,  kindersnoepgoed, witolifante, bestanddele?
[ 3 ]    Om lewende hawe te bekom, is ‘n groot uitdaging.
  Bied asb aan indien u hiermee kan help. Baie dankie!
[ 4 ]    Kafee open om 10:30. Basaar begin om 11:30.
  Ete en pot beskikbaar 12:00.
[ 5 ]    Wyksleiers kan Basaarlyste afhaal in konsistorie om te kollekteer.  
 Baie dankie! ilsa [ 084 279 1797 ]

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel.
Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

WIT OLIFANTE
Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE.
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie.  Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

Tuintafel
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

Leraar:            Ds Gerrit van Schalkwyk:              Tel:    0442791751 :        Sel:   0828782954
Leraar:            Ds Smuts Janse van Rensburg:     Tel:    0442791679 :        Sel:   0829216854
Kerkkantoor:   Tel: 0442723130 :        Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks:     0865613247 :      Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it           :    www.moeder.co.za
Last Updated on Friday, 16 February 2018 10:31
 

Kalender

<<  May 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
   1  2  3  4  5  6
  7  8  910111213
14151617181920
21222324252627
28293031   

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 35 guests online