Moedergemeente Liefdadigheidsprojekte PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Wednesday, 21 February 2018 08:33

Moedergemeente  :  Liefde Leef

Moedergemeente is tans besig met verskeie liefdadigheidsprojekte. Om hierdie projekte ‘n sukses te maak het ons mense nodig wat wil help deur hul tyd of kontant of items te skenk.  Bid veral asseblief vir hierdie projekte.

1.    Noodspens
Ons noodspens word vir verskeie projekte aangewend en ons kan altyd enige iets gebruik. Vars produkte kan deur ons verwerk word, sop kan gevries en uitgedeel word, enige skoon klere of huisraad.Produkte kan by Kerkkantoor afgegee word of lidmate kan Riaana van Deventer kontak by 084 583 9146.

2.    Bederfpakkies
Bederfpakkies word maandeliks vir 20 ouer lidmate by Bellinghof, Tuishuis en Gottlandhuis afgegee. Artikels benodig vir bederfpakkies is waslappies, aqueous cream, tandepaste, onderarm aanrolmiddel, wit baba Sunlight seepkoekies.  Produkte kan by Kerkkantoor afgegee word of lidmate kan Marianna Stassen kontak by 082 467 1388.

3.   Oudtshoorn Hospitaal
3.1  Prem baba’s.Patrone is beskikbaar om truitjies te brei vir prem baba’s enlidmate kan Marianna Stassen by 082 467 1388 vir patroon.
3.2  Kospakkies. Maandeliks word kospakkies en babakleertjies aan die buitekliniek se swanger mamma’s uitgedeel. Ons benodig maandeliks 2-minute noodles, koekies, sakkies koffie, tee en suiker. Babaklere is ook baie welkom. Produkte kan by Kerkkantoor afgegee word of lidmate kan Annelize van Heerden kontak by 083 355 5039.
3.3  Hospitaalbesoeke: Daagliks besoek gemeentelede lidmate in die hospitaal. As u wil deel vorm van die hospitaal besoekspan, kan u gerus Ds. Gerrit kontak.

4.    Geestelike materiaal
Ons wil graag met elke besoek en geskenkpakkie ook mense geestelik bemoedig en sal waardeer indien u deurlopend by die Kerkkantoor die volgende kan afgee: traktaatjies; tydskrifte soos Lig, Leef en Finesse; ou Bybels; ou Kinderbybels; teksversies.

5.    Doeke
Ons voorsien van ons lidmate met volwasse doeke asook sanitêre doekies aan Dysselsdorp Primêr.  U is welkom om van die volwasse doeke in ( grootte – Large) of sanitêre doekies by die Kerkkantoor af te gee.

6.    Moedergemeente lief ons skoolkinders
Ons wil graag ons skoolkinders in die gemeente ondersteun en is opsoek na skoolklere van veral Hoërskool Oudtshoorn en Langenhoven Gimnasium, enige skoolbehoeftes en kontant wat vir skoolfondse aangewend kan word. Items kan by Kerkkantoor afgegee word of lidmate kan Riaana van Deventer kontak by 084 583 9146.

7.    Dienssentrumtee
Elke gemeente in Oudtshoorn kry die geleentheid om ‘n verjaarsdagtee by die Dienssentrum aan te bied vir bejaardes bo 80. 7 Maart is Moedergemeente se beurt en wil graag die gemeente nooi om deel te hê deur eetgoed, klein geskenkie of kaartjie te skenk of saam die dag deur te maak en ‘n item te lewer of te kom gesels met die oumensies. Lidmate kan Marianna Stassen kontak by 082 467 1388.

 

Kalender

<<  May 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
   1  2  3  4  5  6
  7  8  910111213
14151617181920
21222324252627
28293031   

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 34 guests online