Bulletin 4-17 Maart 2018 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 02 March 2018 12:58
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

Ds Smuts Janse van Rensburg:    
Teks:  "Dit het Ek vir jou gedoen. Wat doen jy vir My?"

VANDAG
VIERDE LYDENSWEEK
09h00  Erediens
Deuroffers:  ACVV Dienssentrum
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na erediens.
Tee na afloop van die erediens.

KERKKANTOOR IS 5 - 8 MAART GESLUIT VIR AFSLUITING VAN DIE FINANSIËLE BOEKJAAR EN OUDIT.

DINSDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie

WOENSDAG
18h00  Kerkraadsvergadering

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis (8/3)
09h30  Bybelstudie by Tuishuis (15/3)    

VOLGENDE SONDAG
VYFDE LYDENSWEEK
09h00  Erediens
Deuroffers:  Hospitaalbearbeiding
Geen Kategese

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R5 716-40
Deuroffers: R1 200-50
Getal lidmate in diens: 243 + inwoners van 2 ouetehuise

Ds Gerrit neem sy verlof 28/2  – 14/3.
Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus met ds Smuts (0442791679 / 0829216854)

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
08/03   Marie du Plessis, Bellinganhof
10/03   Ziska Olivier, Tiranstraat 8

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Judy van der Berg, Hugenootstraat 07
Winnie Swiegelaar, Gottlandhuis K28
Franswa Stassen, Lamprechtstraat 443
Han van Popering, Hoogstraat 303
Matilda Meiring, Oxfordstraat 70
Klasie Lombard, St Johnstraat 135
Daan van der Westhuizen, Bellinganhof K233
Susarah Tiran, Hoogst 151
Japie Kritzinger, Oudtshoorn Aftreeoord 5

Innige meegevoel aan:
Jacomina Graham en Elsa Potgieter met die afsterwe van hul broer.
Rentia Bresler met die afsterwe van haar swaer.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

HUUR VAN PERSELE
CJV Saal:       R700  (R350 deposito)
Braaikamer    R300   (R150 deposito)
Skooltjie:      R200   (R100 deposito)
Kombuis:      R500   (R300 deposito)
Maak gebruik van ons persele. Lidmate betaal net halfprys.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

Yskas
Het jy dallk ‘n yskas wat jy nie meer gebruik nie en wat nog in ‘n werkende toestand is? Ons benodig ‘n yskas vir die Braaikamer. Skakel asb die koster by 0827709995 indien jy kan help.

LIEFDE LEEF PROJEK:
Daar is groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt, ens. Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

OGGENDBASAAR op 21 Maart [ Menseregtedag ]

Groot dank aan die volgende konvenors. Laat ons hierdie voorvatters asb self kontak en ondersteun.

Braaivleis              Anru de Wet                   082 414 4982
Gebak                 Margaret  van Rensburg    084  515 8799
                          Elaine  Martin                  076 162 0804
Hotdogs              JulianaStrüwig                 0845637362           
Kafee                  Sonja McKay                   082 904 2137
Kinders                Marian Swart                  082 855 1389
Pannekoek           Marie Verwey                 082 946 4087
Poeding               Ellen Marais                    082 214 5910
Pot                     Marius Strydom               071 135 0517
Rou vleis              Marie Briel                      083 701 5538
Sementbakke       Lenie de Vos                  082 340 4891
Slaaie                  Barend Smit                   082 353 6661
Wit Olifante          Anita Koen                    083 294 8739
Koeldrank                 ????

Bring bestanddele
     Asb voor 13 Mrt.
     Samewerking is nou NB.
     Almal se hulp!
     Almal se gebede!
     Raak betrokke asb.
 *    Ons benodig DRINGEND meer bestanddele om konvenors te help.
*    Ete-kaartjies se verkope sluit Maandag 19 Maart om 12uur. Moenie dit mis nie!
*    Raak asb betrokke. Baie dankie .

MoederBasaar- ete!! @ R65
Varknek, wors en hoendersosatie.
Beetslaai en kerriepastaslaai
Broodjie.
-
Potjiekos @ R40
Afvalkerrie / Hoender / Skaapskenkel
   -
Gemeentesentrum, Woendag, 21 Maart
Ete beskikbaar: 12:00 nm tot 13:00 nm
-
Kaartjies by kerkkantoor te koop

BASAAR WOENSDAG, 21 MAART
Kafee oop vanaf  10:30 nm.  Basaar begin 11:30 nm.  Ete beskikbaar:  12:00 nm tot 13:00 nm

Tuintafel
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

WIT OLIFANTE
Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE.
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie.  Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

God se beste geskenk aan ons is nie dinge nie, dit is geleenthede.
Alice W. Rollins

Beplan alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. Dan sal God wat vrede gee, by jou wees.  Filippense 4: 8 - 9

Leraar:     Ds Gerrit van Schalkwyk:              Tel:    0442791751 :       Sel:   0828782954
Leraar:       Ds Smuts Janse van Rensburg:     Tel:    0442791679 :       Sel:   0829216854
Kerkkantoor:     Tel: 0442723130 :      Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks:       0865613247 :          Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it           :    www.moeder.co.za
Last Updated on Friday, 02 March 2018 13:06
 

Kalender

<<  May 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
   1  2  3  4  5  6
  7  8  910111213
14151617181920
21222324252627
28293031   

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 33 guests online