Bulletin 25 Maart – 14 April 2018 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Saturday, 24 March 2018 13:47

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin

Ds Smuts Janse van Rensburg:  God het die wêreld so lief gehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê. (Joh 3:16)                  

VANDAG
SEWENDE LYDENSWEEK
09h00  Lofprysingsdiens
Deuroffers:  Gratis Lektuur
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na erediens.
Tee na afloop van die erediens.

DINSDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie

VRYDAG
GOEIE VRYDAG
09h00  NAGMAAL
Deuroffers:  Getuienis

SONDAG, 1 APRIL
PAASFEES
09h00  Lofprysingsdiens:
Gospelsanger: Wian Vos
Deuroffers:  Gemeentebediening

SONDAG, 8 APRIL
09h00  Lofprysingsdiens:
Gospelsanger: Jan de Wet
Deuroffers:  Gemeentebediening

KERKKANTOOR IS GEDURENDE DIE SKOOLVAKANSIE GESLUIT

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R5 395-20-00
Deuroffers: R1 192-30
Getal lidmate in diens: 256 + inwoners van 2 ouetehuise

Baie geluk aan die volgende lidmaat wat vandag bevestig word as Kerkraadslid:
Renier O’Neale – Diaken, Wyk 21

Baie dankie aan mnr Han van Popering vir die hulp en moeite met die Lydingstyd-skerm om ons aan Jesus se lyding te herinner.

LIEF EN LEED

VERJAARSDAE 80+ jr:   
25/03   Johanna Gerber, Bellinganstraat 1B
25/03   Dotty van Rensburg, Bellinganhof K112
27/03   Gerrie Benn, Gottlandhuis K 19
29/03   Minnie van der Vyver, Caves Aftreeoord 74
31/03   Mavis Louw, St Saviourstraat 73
01/04   Kitty Viviers, Oudtshoorn Aftreeoord 43
03/04   Markus Nortjie, Oudtshoorn aftreeoord 126
09/04   Marie Alberts, Karoo Park Aftreeoord
11/04   Lydia Serfontein, Oudtshoorn aftreeoord 126
14/04   Hannetjie du Toit, Gottlandhuis K 25
14/04   Louis Viviers, Oudtshoorn Aftreeoord 43

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Elme Verwey, Plaas Kammarooi
Anita Koen, La Plume No 1
Emma Nolte, Tuishuis
Emma Langenhoven, Gwarriestraat 28

Innige meegevoel aan
:
Danie Müller,  met die afsterwe van sy vrou, Lucia.
Mavis Louw,  met die afsterwe van haar dogter, Lucia.

Sondag 8 April om 09:00

Die bekende sanger Jan de Wet bedien ons tydens die erediens. Jan herinner dat hy 'n spesiale tyd vir kinders wil inrig. Bring dus die hele gesin, al is dit skoolvakansie!
(Die kollekte tydens die diens word opgeneem ter ondersteuning van ons gemeentewerk. Die deurkollekte gaan aan Jan om sy bediening te ondersteun.)

Leraars:
Ons leraars is van vanmiddag tot Dinsdag saam met ander rinsgleraars op retraite. (Hulle kan in geval van ernstige nood op hulle selfone gekontak word.)

GESINSKAMP
Ons wil ‘n lekker informele kuier-kamp naweek vir gemeentelede reël. Enige belangstellendes kan hul name vir die skriba deurgee voor 28 Maart. ‘n Kampdatum sal later deur die kampers bepaal word. Kom alle kampers, kom kamp saam – BAIE PRET !!!

BASAAR-DANKIES!
Vrolike basaar en heelwat voete!
Almal volg die beste roete :
tot by Moeder se basaar
het die mense hulleself geskaar.
 
Dis effe nat! Pannekoek weer!
En daar gebeur die wonder nog ‘n keer :
Helpers en kopers bring hul kant,
Vir koeke en vleise stroom kontant.
 
Maar heelwat meer nog as dit -
Die HERE gee ver bo wat ons bid.
Ons dank U, Vader, vir U seën
‘n heerlike basaar in die reën!

BASAAR
Dankie aan almal wat saam kom dankfees hou het. ! Veral aan elke helper wat die konvenors se hande kom hoog hou het. Die produkte en etes was uit die boeke,
die kuieratmosfeer ‘n mooi demonstrasie van Liefde Leef.
Die gewaardeerde samewerking het so duidelik gewys in die gazebo’s wat toe “vanself” aankom en opgeslaan word. Julle is tops!
Baie dankie!

Dit was ‘n geseënde basaar, Met ‘n wonderlike inkomste van R143 544-00. Alle eer aan ons Hemelse Vader. Baie dankie…

PAASFEES
Kom ons onthou te midde van die KKNK en skoolvakansie om die Blye Evangelie van Paasfees te vier! Nooi ook jou vriende en KKNK-gaste om saam met ons die Heer te aanbid!
Nagmaal: Ons gedenk die kruisiging van Jesus ons Verlosser op Vrydag 30 Maart om 09:00
Paassondag: Ons vier die feit dat Jesus opgestaan en die dood oorwin het op Sondag 1 April om 09:00. Die geestelike sanger Wian Vos bedien ons met Woord en lied. (Daar word slegs 'n deurkollekte opgeneem om Wian te ondersteun in sy bediening aan tieners en gesinne – die fokuspunt van sy roeping.)

#IMAGINE 2018: 6 – 8 APRIL: Megapark – Bredasdorp

Imagine is ‘n landwye droom om jongmense van oraloor bymekaar te bring, hulle energie vry te stel en hulle met ander jongmense in aanraking te bring sodat hulle kan besef dat hulle nie alleen is nie en Christus se liefde, hoop en vrede kan beleef.
Registrasie open 8h00 Vrydag, 6 April en die amptelike program begin om 16h00. Die eerste ete wat deur #imagine verskaf word sal aandete wees om 18h00. Stalletjies deur die dag oop om kos te koop.
Koste:  Tieners R570

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

Yskas
Het jy dallk ‘n yskas wat jy nie meer gebruik nie en wat nog in ‘n werkende toestand is?
Ons benodig ‘n yskas vir die Braaikamer. Skakel asb die koster by 0827709995 indien jy kan help.

HUUR VAN PERSELE
CJV Saal: R700  (R350 deposito)
Braaikamer:  R300  (R150 deposito)
Skooltjie:  R200  (R100 deposito)
Kombuis:  R500  (R300 deposito)
Maak gebruik van ons persele. Lidmate betaal net halfprys.

BANKBESONDERHEDE
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank     
Rek no 1752044630,
takkode 175205

Leraar:        Ds Gerrit van Schalkwyk:           Tel:    0442791751 :  Sel:   0828782954
Leraar:        Ds Smuts Janse van Rensburg:   Tel:    0442791679 :  Sel:   0829216854
Kerkkantoor:   Tel: 0442723130 :    Kantoorure: Maandag – Vrydag: 09h00 – 11h00
Faks:     0865613247 :   Epos: This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it   :   www.moeder.co.za

 

Kalender

<<  April 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      
  2  3  4  5  6  7  8
  9101112131415
16171819202122
23242526272829
30      

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 106 guests online