Bulletin 15 - 21 April 2018 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 13 April 2018 12:07

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.  Welkom aan almal betrokke by vanoggend se doop. Baie geluk aan die lidmate met die doop van Rijahn Piedt, Angelo Meiring en Luhan Stander.

Ds Gerrit van Schalkwyk:  Tema:  God sal jou nooit vergeet nie. Skriflesing: Jes 49: 15 - 16

VANDAG

09h30  Kinderdiens (Doop)
Deuroffers:  Gemeente Jeug
Peuterkerk in Skooltjie tydens erediens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na erediens by Ds Gerrit.
Tee na afloop van die erediens.

DINSDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Hoogstr. Pastorie
GEEN  Bybelstudie by Gottlandhuis en Tuishuis nie.        

VOLGENDE SONDAG

09h30  Erediens
Deuroffers:  Gemeentebediening
Kinderdankofferkoeverte inhandig.
16h00 Gespreksgeleentheid vir alle wyks- ouderlinge, wyksdiakens en dienswerkers

VERLEDE WEEK:

Bankkollekte:  R4 453-40
Deuroffers: R3 851-90
Getal lidmate in diens: 308 + inwoners van 2 ouetehuise

Gespreksgeleentheid vir alle wyksouderlinge, wyksdiakens en dienswerkers
Alle ouderlinge, diakens en dienswerkers wat in wyke werk, word uitgenooi na 'n ontmoeting op Sondag 22 April om 16:00 – 17:15 in die Skooltjie.
Ons wil graag gesels en toerusting gee met die oog op diensbaarheid in die wyke! Ons vertrou dat almal teenwoordig sal wees! (Verskonings by kerkkantoor of ds Smuts)

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
16/04   Vera Schoeman,  Tuishuis  
21/04   Dries Liebenberg, Mellvillestraat 49

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Johan Stears, Randstraat 44
Fanie Greeff, Langenhovenweg 131
Johanna Claassen, Eldorado 63
Linda Munro, St Saviourstraat 1
Cynthia Engels, Elsonlaan 407

Innige meegevoel aan:  Claassen familie,  met die afsterwe van Una Claassen.

Hemelvaart Donderdag 10 Mei
Pinkster So. 13 – Do. 17 Mei
Pinkstersondag Sondag 20 Mei
Hemelvaart, Pinksterbidure en Pinksterfees is elke jaar gedurende die tweede kwartaal hoogtepunte op ons kerklike kalender.
Lidmate (oud en jonk) word nou reeds aangemoedig om te beplan om die geleenthede by te woon.

LEON GOOSEN
‘n Gospel Country sanger tree Dinsdag 24 April 2018 om 19:00 op in Oudtshoorn-Wes se Kerksaal
Koste:  Sagte donasie by deure
As Gospelsanger tree hy landwyd in kerke van alle dinominasies op.  Hy wissel sy sang af met getuienisse en Woord. Hy skryf die meeste van sy liedjies self en fokus sterk op die redding van siele.

Basaar
Dit was ‘n geseënde basaar, met ‘n wonderlike inkomste van  R144 376-40. Alle eer aan ons Hemelse Vader.  Baie dankie…

Kerkkantoor
Baie dankie aan 2 van ons lidmate wat die kerkkantoor so ‘n mooi “make-over” gegee het.

 

Kalender

<<  April 2018  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      
  2  3  4  5  6  7  8
  9101112131415
16171819202122
23242526272829
30      

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 105 guests online