Bulletin 5 - 11 Junie 2016 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 03 June 2016 00:00
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. 
 
VANDAG
BIDDAG VIR EKOLOGIE
09h30  Lofprysingsdiens 
Deuroffers:  Studentebearbeiding
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.
Teebeurt:  Wyk 1 & 2
18h00  Lofsangdiens saam met Rina Hugo
Deurkollekte:  Christelike Seemansorganisasie

MAANDAG
Ds Gerrit doen huisbesoek in wyk 8

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Ilsa
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

SATERDAG
10H00  Traktaatjies uitdeel.

VOLGENDE SONDAG
BIDDAG VIR JEUG EN KATEGESE
09h30  Erediens  (Doop)
Deuroffers:  Jeugwerk
Teebeurt:  Wyk 3 & 4

VERLEDE WEEK: 
Bankkollekte:  R4 328-50
Deuroffers: R1 139-40
Getal lidmate in diens: 188 + inwoners van 2 ouetehuise

Ds Schalk is met langverlof vanaf 1 – 30 Junie. Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus met ds Gerrit (0442791751 of 0828782954)   

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
07/06  Corrie Vermaak, Tautestraat 6
08/06 Ellen Dekker, Tuishuis W/S 16

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Raymand Dodds, St Johnstraat 147
Wernich Swanepoel, De Jagerrylaan 1
Rina Wright, Riempie Uitzicht Nr 10
M v/d Mescht, Gottlandhuis
Innige simpatie aan:
Tina Swarts met die afsterwe van  haar suster, Anna Nel. 
Truia van Heerden met die afsterwe van haar broer.
Louis van Huyssteen met die afsterwe van sy swaer.

GROOT POTTE
Staan daar dalk groot potte met deksels, wat jy nie meer gebruik nie,  jou kaste vol? Ons sal baie dankbaar wees as jy dit aan die kerk wil skenk. Ons benodig dit om die braaivleis in te sit by die basaar.

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE? 
Saterdagoggend, 11 Junie om 10 tot 11 vm, kan jy dalk iemand se rigting verander van die hel na die hemel en van die dood na die lewe. Hoe? Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie – net uithou en gee. Dis deel van ons gemeente se gehoorsaamheid om die liefde van Jesus te leef. Net vir ‘n uur. Sien uit om jou daar te sien. Ds Schalk Kotzé.

DIENS V BARMHARTIGHEID:
Ons benodig asb kos, komberse en warm klere vir die koue.Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

OGGENDTEE SAAM MET ELSABE ALDRICH
Tema: Hoe op aarde hou ek al die balle in die lug?
Datum:  11 Junie, 10h00 vir 10h30
Plek: Volmoed Kerksaal   Koste: R100pp
Kontak Annelet by die kerkkantoor indien jy belangstel.

SNOEKETE
NG Kerk Oudtshoorn-Suid se jaarlikse Snoekete vind plaas op 10 Junie in die Anneks van die Kerksaal. Prys R60 vir Snoek, patat, slaai, roosterkoek met konfyt en nagereg. Etes kan afgehaal word tussen 17:00 en 18:00. Kry jou kaartjie betyds by Mariana Tel 044 2791900

BID ASB VIR BHOETAN…
Bid vir die groei van huiskerke wat gedwing word om in die geheim byeen te kom.
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 50 guests online