Bulletin 24 – 30 Julie 2016 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 22 July 2016 16:45
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

VANDAG
09h30  Kinderdiens 
Deuroffers:  Gemeente Jeug
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 bly in kerk vir diens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Teebeurt:  Wyk 5 & 6

MAANDAG - VRYDAG
6h30 – 7h00  BIDUUR in Konsistorie
Ds Gerrit doen huisbesoek in De Rust
Ds Schalk doen huisbesoek in wyk 32

DINSDAG
6h30 – 7h00  BIDUUR
09h30  Bybelstudie by Dorette

WOENSDAG
6h30 – 7h00  BIDUUR

DONDERDAG
6h30 – 7h00  BIDUUR
09h00  Bybelstudie by Ilsa
09h00  Bybelstudie  Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

VRYDAG
6h30 – 7h00  BIDUUR

VOLGENDE SONDAG
09h30  Erediens (Bossie Minnaar preek)
Deuroffers:  Getuienis
Teebeurt:  Wyk 7 & 8

VERLEDE WEEK: 
Bankkollekte:  R2 723-90
Deuroffers: R892-60
Getal lidmate in diens: 117 + inwoners van 2 ouetehuise

GEBEDSGELEENTHEID
Maandag, 25  - Vrydag, 29 Julie om 06h30 in die konsistorie.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
26/07  Daan v/d Westhuizen, Bellingan
27/07  Dollie Strydom, Tuishuis 60 

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Johanna Claassen, Eldorado 73
Elene van Rooyen, Eldorado 86
Grethe Verwey, Plaas Kammarooi
Anru en Louis de Wet, wie se pa baie siek is.

Innige simpatie aan:
Tina Swarts, Bondstraat O2B, met die afsterwe van haar suster.

Op ‘n Kerkraadsvergadering gehou op 30 Mei is Marianna Stassen, Lamprechtstr 443, en Hennie Miles, Vredestraat 19 benoem as kerkraadslede. Hulle word DV Sondag, 14 Augustus, in hul ampte bevestig. Vir kennisname.

JEUGAANDE BY WELGELUK
Elke tweede Sondagaand om 18:00 by Welgeluk.
24 Julie: Kwartaal afskop. (Praise & Worship saam met Park se band)
14 Augustus: Uitreik
28 Augustus: Uitreik/ Fliekaand
11 September: Afsluiting en dan weer praise & worship.

NG Kerk vra Gebed en Hoop in Verkiesingstyd
Die NG Kerk roep sy lidmate op tot gebed met die oog op die komende munisipale verkiesing. Dié verkiesing op 3 Augustus word wyd beskou as een van die moeilikste en belangrikste verkiesings tot op datum. Hierdie omstandighede bied egter aan die lidmate van die NG Kerk 'n besondere geleentheid om getuienis te lewer van ons geloofsoortuigings. Maak dit asb ‘n gebedsprioriteit in jou persoonlike stiltetyd en huisgodsdiens. Dankie

HIER KOM ‘N GELUKKIGE HUWELIK!
Ons bied graag ‘n saampraat-kursus oor die huwelik aan. Dit sal 10 kere se bymekaarkom vra. Die onderwerp? Kan ons iets doen om geluk in ons huwelik te hou of te bring of te verbeter? Verseker! Met ‘n 21-dae plan aan die einde is dit net die ding om jou huwelik die beste een te maak wat dit kan wees. Dis bedoel vir baie gelukkig-getroudes, gemiddeld-gelukkig-getroudes, ongelukkig-getroudes, pas-getroudes, lank-getroudes, oud-getroudes, oud en jonk. Die byeenkomste sal op ‘n geskikte aand in die week (of Sondag, as dit die meeste pas) aangebied word. Koste is R30 per persoon.

MISSIE JAPAN 
Bid asb. vir RCJ Kumamoto gemeente wat voortgaan met broodnodige ondersteuningswerk ná die aardbewing in April. Verál vir mense met wie ons dieper kontak kon maak, wat opnuut bewus is van God se werk in hulle lewens n.a.v. die gebeure.
Bid saam vir die verdieping van verhoudinge met kinders en hulle gesinne in die omgewing van ons nuwe tuisgemeente, genaamd Kita Kobe. Veral ook vir somer-kampe waarheen baie kinders gaan, en vir die eerste keer werklik die evangelie sal hoor.

Last Updated on Friday, 22 July 2016 16:51
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 44 guests online