Bulletin 31 Julie – 13 Augustus 2016 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 29 July 2016 10:16
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. Baie welkom aan ds Bossie Minnaar van die Sinodale kantoor wat vandag se erediens lei.

VANDAG
09h30  Erediens (Bossie Minnaar preek)
Deuroffers:  Getuienis
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.
Teebeurt:  Wyk 7 & 8
11h00  Finanskommissievergadering by Beans about Coffee

MAANDAG - VRYDAG
Ds Gerrit doen huisbesoek in De Rust
Ds Schalk doen huisbesoek in wyk 32
DINSDAG
09h30  Bybelstudie by Dorette
DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Ilsa
09h00  Bybelstudie  Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis
VRYDAG
6h30 – 7h00  BIDUUR

SONDAG, 7 AUGUSTUS
09h30  Erediens 
Deuroffers:  Getuienis

SONDAG, 14 AUGUSTUS
09h30  Erediens (Doop)
Deuroffer: Zimbabwe/Malawi/Mosambiek
Teebeurt:  Wyk 7 & 8
11h15 Kategesevergadering

VERLEDE WEEK: 
Bankkollekte:  R4 545-00
Deuroffers: R1 444-00
Getal lidmate in diens: 255 + inwoners van 2 ouetehuise

Op ‘n Kerkraadsvergadering gehou op 30 Mei is Marianna Stassen, Lamprechtstr 443, en Hennie Miles, Vredestraat 19 benoem as kerkraadslede. Hulle word DV Sondag, 14 Augustus, in hul ampte bevestig. Vir kennisname.

GEBEDSGELEENTHEID
Vrydag, 5 Augustus om 06h30 in die konsistorie.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
01/08  Christa Ellis, Milleniumpark
03/08  Polla Grundling, Bellinganhof 
06/08  Anna Cronje, Gottlandhuis 31
08/08  Cynthia Louwrens, Maredehof
09/08  Bets Vermeulen, Caves Aftree
12/08  Kitty Brits, Bellinghanhof

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Ryno Wannenburg, Melvillestraat 31
Aletta Oosthuizen, Tuishuis
Magdaleen le Roux, St Saviourstraat 41
Ellen Barnard, Badenhorststraat 04
Eugene Claassen, Badstraat 134
Boet Jonck, Van Rheede hof E
Innige simpatie aan:
Ds Schalk Kotze en gesin, met die afsterwe van sy suster.

GETUIENISMAAND
07/08     Ds Gerrit van Schalkwyk
 14/08    Ds Fourie Truter van Straatwerk
21/08     Ds Bertine Malan van De Hoop bediening
28/08     Gasvryheidssondag

Kategese uitstappies, na kerk.  
Gr 1-3 Normale lesse.  
Gr 4-6 na Eljada – bring asseblief tandepasta en seep.  
Gr 7-10 na Bellinganhof – bring asseblief skryfbehoeftes.  
Enige bydrae uit gemeente kan voor by deure geplaas word met instansie se naam op.  
Kinders sal 11:00 terug wees by kerk. Kontak Louise de Wet 0723405270

RINGSITTING by Kangovalleie
Vandag van 16h00 – 21h00 vir al die afgevaardigdes.
Maandag van 9h00 – 12h00 slegs vir die predikante.
Maandag van 17h00 – 21h00 vir al die afgevaardigdes.

Ds Schalk neem sy afnaweek vanaf 4 – 9/8 en is met kursus 10 & 11/8. Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus met ds Gerrit (0442791751 of 0828782954)

PAKKIES – SEEMANSORGANISASIE
Baie dankie vir die pakkies wat ons reeds ontvang het. 
Alle pakkies (serp, mussie & toiletware) moet asb op die laaste 30 Augustus by die kerkkantoor afgegee word. Die Getuieniskommissie gaan op 31 Augustus al die pakkies wegstuur. Indien u na hierdie datum met die projek wil voortgaan, sal u ongelukkig dit op u eie koste moet versend. 

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Ons gaan dit ’n deurlopende projek maak. U kan dit deur die jaar by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

NG Kerk vra Gebed en Hoop in Verkiesingstyd
Die NG Kerk roep sy lidmate op tot gebed met die oog op die komende munisipale verkiesing. Dié verkiesing op 3 Augustus word wyd beskou as een van die moeilikste en belangrikste verkiesings tot op datum. Hierdie omstandighede bied egter aan die lidmate van die NG Kerk 'n besondere geleentheid om getuienis te lewer van ons geloofsoortuigings. Maak dit asb ‘n gebedsprioriteit in jou persoonlike stiltetyd en huisgodsdiens. Dankie

JEUGAANDE BY WELGELUK
Elke tweede Sondagaand om 18:00 by Welgeluk.
14 Augustus: Uitreik
28 Augustus: Uitreik/ Fliekaand
11 September: Afsluiting en dan weer praise & worship.

PRETSTAP, 10 SEPTEMBER
Dit is al weer daardie tyd van die jaar en ons is besig met die reëlings vir die Pretstap.
Waterpunte : Indien u besigheid belangstel om ‘n waterpunt te borg en beman, skakel asb die kekkantoor by 0442723130.
Gelukkige trekkings : Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings.  Indien u kan help, skakel asb die kekkantoor by 0442723130.
Poedings & gebak : Ons gaan groter dié jaar! Indien daar mense is wat poedings, vla of gebak kan skenk, skakel asb die kekkantoor by 0442723130.

NG Moedergemeente bied aan:
PRETSTAP/DRAF vir Bybels op plaas tussen veldblomme. Almal ontvang ‘n medalje
SATERDAG, 10 SEPTEMBER 2016 by Van Wykskraal (13km op De Rust-pad)
Afstande & Wegspringtye
±21km  Draf        7H30
10km  Stap / Draf  8H15
5km  Stap / Draf   8H30
(Vorms beskikbaar by Kerkkantoor)

INSKRYWINGS VANAF 7H00 – 8H15
INSKRYWINGSFOOI :  Volwassenes:   R50-00;  Kinders:   R20-00.
Gelukkige trekkings sal 10:30 begin!
NAVRAE: Nanie 0839771703 of kerkkantoor 0442723130
Koffie/tee, koeldrank, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop. Sien julle daar, dit gaan lekker wees!

Baie dankie vir die mooi en bemoedigende kaartjie met die afsterwe van my suster en ook vir die heerlike padkos vir die lang pad. Ons waardeer dit baie! Schalk en Dorette.

BANKBESONDERHEDE
Vir enige direkte inbetalings of aftrekorders, bv vir dankoffers:
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank     
Rek no 1752044630, Takkode 175205

Last Updated on Friday, 29 July 2016 10:26
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 37 guests online