Bulletin 14 - 20 Augustus 2016 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 12 August 2016 11:45
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. Baie welkom aan ds Fourie Truter van Straatwerk wat vandag se erediens lei.

VANDAG
09h30  Erediens (Ds Fourie Truter)
Deuroffer: Zimbabwe/Malawi/Mosambiek
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.
Teebeurt:  Wyk 7 & 8
11h15  Jeug en Kategesevergadering in konsistorie.
Baie geluk aan Marianna Stassen, Lamprechtstr 443, en Hennie Miles, Vredestraat 19 wat vandag bevestig word as kerkraadslede.

MAANDAG - VRYDAG
Ds Gerrit besoek nuwe intrekkers
18h00  Eiendomskommissie in Skooltjie

DINSDAG
09h30  Bybelstudie by Dorette
17h15    Finanskommissie in kerkkantoor

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Ilsa
09h00  Bybelstudie  Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

VOLGENDE SONDAG
09h30  Erediens  (Ds Bertine Malan)
Deuroffers:  Getuienis
Teebeurt:  Wyk 9 & 10

DINSDAG, 23 AUGUSTUS
18H30  Kerk- en Wyksraadvergadering

VERLEDE WEEK
Bankkollekte:  R3500-60
Deuroffers: R1135-60
Getal lidmate in diens: 154 + inwoners van 2 ouetehuise.

KOMMISSIEVERGADERINGS

Eiendomskommissie: Maandagaand 18h00 in die Skooltjie.

Finanskommissie: Dinsdagaand 17h15 in die kerkkantoor.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr: Geen

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Grethe Verwey, Plaas Kammarooi
Boet Jonck, Van Rheede hof E
Ina Broodryk, Bellinganhof w/s 12
Anna Brummer, Merimar Woonstel 107
Marius Swart, San Remo w/s 5

Innige simpatie aan:
Amanda Oosthuizen en gesin, met die afsterwe van haar man, Hans.
Barnard familie, met die afsterwe van Ellen Barnard.

GETUIENISMAAND
14/08     Ds Fourie Truter van Straatwerk
21/08     Ds Bertine Malan van De Hoop bediening
28/08     Gasvryheidssondag

GASVRYHEIDSONDAG
U word hartlik uitgenooi na ons Gasvryheidsondag, 28 Aug. 
Indien u iemand ken wat  nog nooit in ‘n kerk was nie of ‘n behoefte het om weer ‘n slag te hoor van God se liefde vir hulle, nooi hulle asb om saam met u die diens te kom bywoon. Verversings na die tyd.

JEUGAAND BY WELGELUK
Almal kom vanmiddag 15h30 by Welgeluk kerk bymekaar vir ‘n uitreik na Tuishuis. Bring asb bordspeletjies saam.

BASAARVERGADERING
25 AUG om 6nm in konsistorie.
Basaar is op 21 Oktober en ons moet begin saampraat. Kom hoor al die nuwe idees en kom gee jou mening. Dankie.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Daar is groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt,  ..
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang. 

PAKKIES – SEEMANSORGANISASIE
Baie dankie vir die pakkies wat ons reeds ontvang het. Alle pakkies (serp, mussie & toiletware) moet asb op die laaste 30 Augustus by die kerkkantoor afgegee word. 
Die Getuieniskommissie gaan op 31 Augustus al die pakkies wegstuur. Indien u na hierdie datum met die projek wil voortgaan, sal u ongelukkig dit op u eie koste moet versend. 

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Ons gaan dit ’n deurlopende projek maak. U kan dit deur die jaar by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

LIDMAAT GEGEWENS:
Stel asb die kerkkantoor in kennis indien u epos, selnr, telefoonnr of adres verander.

PRETSTAP, 10 SEPTEMBER
Dit is al weer daardie tyd van die jaar en ons is besig met die reëlings vir die Pretstap.

WaterpunteIndien u besigheid belangstel om ‘n waterpunt te borg en beman, skakel asb die kekkantoor by 0442723130.

Gelukkige trekkingsOns is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings.  Indien u kan help, skakel asb die kekkantoor by 0442723130.

Poedings & gebakOns gaan groter dié jaar! Indien daar mense is wat poedings, vla of gebak kan skenk  skakel asb die kekkantoor by 0442723130.

BID ASB VIR NIGERIË
Bid  dat die kerk in Nigerië vervolging as ‘n geskenk van God sal beskou om hulle te help om Geestelik te groei.

NG Moedergemeente bied aan:
PRETSTAP/DRAF vir Bybels op plaas tussen veldblomme. Almal ontvang ‘n medalje

SATERDAG, 10 SEPTEMBER 2016 by Van Wykskraal (13km op De Rust-pad)
Afstande & Wegspringtye
±21km  Draf              7H30
10km  Stap / Draf       8H15
5km  Stap / Draf         8H30
(Vorms beskikbaar by Kerkkantoor)

INSKRYWINGS VANAF 7H00 – 8H15
INSKRYWINGSFOOI
Volwassenes:   R50-00
Kinders:   R20-00

Gelukkige trekkings sal 10:30 begin! Koffie/tee, koeldrank, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop
Sien julle daar, dit gaan lekker wees!  NAVRAE: Riaana  0845839146 of kerkkantoor 0442723130


Moenie neersien op iemand wat geval en weer opgestaan het nie …
Miskien het GOD jou 
die val gespaar omdat 
Hy geweet het jy sal nie weer kan opstaan nie.

 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 27 guests online