Bulletin 21 - 27 Augustus 2016 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 19 August 2016 09:56
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. Baie welkom aan ds Bertine Malan van De Hoop bediening wat vandag se erediens lei.
Baie welkom ook aan Steffie le Roux wat vir ons gaan sing en Werner Ferreira wat haar begelei.
Werner Ferreira, gewilde orrelis, speel ook vanaand 6 - 7 nm hier by ons in Moedergemeente. Donasies sal by die deure opgeneem word.

VANDAG
09h30  Erediens  (Ds Bertine Malan)
Deuroffers:  Getuienis
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 uitstappie na Tuishuis.
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.
Teebeurt:  Wyk 9 & 10
Ds Gerrit neem sy afnaweek vanaf 19 –  21 Augustus.
Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus met ds Schalk (0442791679 of 0836557930) 

MAANDAG - VRYDAG
Ds Gerrit besoek Gottlandhuis

DINSDAG
09h30  Bybelstudie by Dorette
16h00   Finanskommissie en DVK beplanningsvergadering in die Braaikamer.

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Ilsa
09h00  Bybelstudie  Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis
18h00  Basaarvergadering in konsistorie.

VOLGENDE SONDAG
GASVRYHEIDSONDAG
BYBELSONDAG
09h30  Lofprysingsdiens
Deuroffers:  Getuienis
Teebeurt:  Wyk 11 & 12
Wyksbyeenkomste

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
25/08  Suzy van Rensburg, Tuishuis
26/08  Marie Visser, Jaquin Place 03
27/08  Freda van Tonder, Tuishuis

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Anna Cronje, Gottlandhuis 31
Boet Jonck, Van Rheede hof E

VERLEDE WEEK
Bankkollekte:  R4491-30
Deuroffers: R1781-60
Getal lidmate in diens: 237 + inwoners van 2 ouetehuise

BASAARVERGADERING 25 AUG om 6nm in konsistorie.
Basaar is op 21 Oktober en ons moet begin saampraat. Kom hoor al die nuwe idees en kom gee jou mening. Dankie.

GASVRYHEIDSONDAG
U word hartlik uitgenooi na ons Gasvryheidsondag, die 28ste. 
Indien u iemand ken wat  nog nooit in ‘n kerk was nie of ‘n behoefte het om weer ‘n slag te hoor van God se liefde vir hulle, nooi hulle asb om saam met u die diens te kom bywoon. Verversings na die tyd.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Daar is groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt, ... Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang. 

SEEMANSORGANISASIE
Baie dankie vir die pakkies wat ons reeds ontvang het. 
Alle pakkies (serp, mussie & toiletware) moet asb op die laaste 30 Augustus by die kerkkantoor afgegee word. Die Getuieniskommissie gaan op 31 Augustus al die pakkies wegstuur. Indien u na hierdie datum met die projek wil voortgaan, sal u ongelukkig dit op u eie koste moet versend. 

Verslag vanaf Finanskommissie:
Op die onlangse Finanskommissie vergadering het dit duidelik geword dat daar ‘n maandelikse tekort van R70 000 is op die kontantvloei van ons gemeente. Die finanskommissie het dit goed gedink om die gemeente op ’n maandelikse basis in te lig oor die stand van die gemeente se finansies. Uitgawes is tot op die been gesny en daar moet noodgedwonge gebruik gemaak word van die beperkte reserwes om ons uitgawes te dek. Ons vra dat u as gemeentelid getrou sal wees in u bydraes en dat u ook ons gemeente se finansies in u gebede sal opdra. Dankie vir u volgehoue ondersteuning tot op hede.

VOLMOED DANKFEES:  
Saterdag 17 September om 11:00 hou Volmoed dankfees in die kerksaal.
Die kiosk open reeds om 10:00.
Ete: ½  hoender, 2 slaaie en roosterkoek, beskikbaar tussen 12:00 en 13:00. Etekaartjies @ R55 is beskikbaar by Wilna Olivier (083 305 0167).

PRETSTAP, 10 SEPTEMBER
Dit is al weer daardie tyd van die jaar en ons is besig met die reëlings vir die Pretstap.
Waterpunte 
Indien u besigheid belangstel om ‘n waterpunt te borg en beman, skakel asb die kekkantoor by 0442723130.
Gelukkige trekkings
Ons is asb dringend op soek na pryse vir gelukkige trekkings.  Indien u kan help, skakel asb die kerkkantoor by 0442723130.
Poedings & gebak
Ons gaan groter dié jaar! Indien daar mense is wat poedings, vla of gebak kan skenk  skakel asb die kekkantoor by 0442723130.

NG Moedergemeente bied aan:
PRETSTAP/DRAF vir Bybels op plaas tussen veldblomme. Almal ontvang ‘n medalje

SATERDAG, 10 SEPTEMBER 2016 by Van Wykskraal (13km op De Rust-pad)
Afstande & Wegspringtye
±21km  Draf          7H30
10km  Stap / Draf    8H15
5km  Stap / Draf     8H30
(Vorms beskikbaar by Kerkkantoor)

INSKRYWINGS VANAF 7H00 – 8H15
INSKRYWINGSFOOI
Volwassenes:   R50-00
Kinders:   R20-00
Gelukkige trekkings sal 10:30 begin!
NAVRAE:  Nanie 0839771703 of 
Riaana  0845839146 of kerkkantoor 0442723130
Koffie/tee, koeldrank, roosterkoeke, pannekoek & poeding te koop
Sien julle daar, dit gaan lekker wees!

In LiG se September-uitgawe

 “Jesus is koning!” eggo elke storie in die September-uitgawe van LiG. Van Gretha Wiid wat vertel hoe sy haar dogters van dapperheid, sagtheid en geloof in God leer. Tot die Paralimpiese atleet wat getuig hoe God dit vir hom maklik maak.

Lees oor ‘n mannegroep se bediening onder karwagte, en ‘n projek wat matriekafskeid-drome waar maak.

Ons verduidelik waarom inentings broodnodig vir jou kind is, en watter vaardighede jy vir jou kinders kan leer om gelukkige grootmense te word. Daar is ook raad vir jou leë beursie, jou begroting en besteding.

LiG vertel hoe God bedoel het die huwelik moet wees. En hoe die Bybel sê ons vir ons land en sy leiers moet bid.

Ons idees-met-hart-projek gee maklike planne vir ‘n groenteplasie in ‘n piepklein spasie.

LiG – vir jou en jou mense.

LIG te koop by kerkkantoor @ R15

Last Updated on Friday, 19 August 2016 10:11
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 19 guests online