Bulletin 11 - 17 September 2016 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 09 September 2016 00:00
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. 

VANDAG
09h30  Voorbereidingsdiens
Deuroffers:  Gratis Lektuur
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.
Teebeurt:  Wyk 13 & 14
 
MAANDAG 
Ds Gerrit besoek Bellinganhof
 
DINSDAG
09h30  Bybelstudie by Dorette
 
DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Ilsa
09h00  Bybelstudie  Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis
 
VOLGENDE SONDAG
09h30  NAGMAAL
Deuroffers:  Gemeente Bediening
Teebeurt:  Wyk 15 & 17

LIEF EN LEED

VERJAARSDAE 80+ jr:   
12/09  Ria Bergh,  Odn Aftreeoord 128
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Johnnie Fletcher, Milliniumpark 94
Henna de Bruyn, Tuishuis W/S 53
Ansie van der Walt, Tuishuis W/S 26
Wilme van der Vyfer, Caves Aftree 74
Corrie Alberts, Hoogstraat 153A
 
Innige simpatie aan:
Rina Nel, met die afsterwe van haar suster.

PRETSTAP!!!!!
Baie dankie aan al die  raakvatters wat gehelp het met die organisering van die dag. Dankie ook aan al ons borge, deelnemers en almal wat hard gewerk het om van dié dag ‘n sukses te maak.

VERLEDE WEEK: 
Bankkollekte:  R2 900-00
Deuroffers: R1 048-50
Getal lidmate in diens: 158 + inwoners van 2 ouetehuise

Geloofsgelofteoffers:
Soos elke jaar, het u weer hierdie tyd van die jaar om ‘n Geloofsgelofteoffer te maak vir Evangelisasiewerk buite ons gemeente. Dit is ‘n offer wat nie deel is van jou dankoffer nie en waaroor jy bid sodat die Here jou daarin kan lei. Wanneer jy dan gereed is, bring jy dit per koevert na die erediens of kerkkantoor. Daar is ook koeverte daarvoor beskikbaar. By die deure is geel briewe beskikbaar wat alles rondom die saak verduidelik. Neem gerus een. Dankie.

STANDPLAASRUILING – Ds Schalk Kotzé
Ek en Dorette is al 21 jaar by julle. Ons is baie gelukkig in die gemeente en lief vir die lidmate en werk lekker saam as leraars-pare, maar dink dat dit tot voordeel van Moedergemeente en ons sal wees indien ons ’n skuif sal maak ter wille van vernuwing. Die Engelse het ‘n uitdrukking: Variety is the spice of life. 
Aan die begin van die kwartaal het ds Christo van Staden van Paarlberg gemeente vir my genader en gevra of ek nie wil dink en bid oor die moontlikheid om standplase (gemeentes) te ruil nie. Ek en Dorette het die saak met ds Gerrit en Ilsa bespreek en ook met die kerkraad en daaroor gebid. Na gesprekke het Kango-Valleie gemeente ook bygekom en gevra of ons hulle nie kan help nie. Hulle sal nie vir langer as nog 2 jaar ‘n leraar voltyds kan bekostig nie. Ons is oortuig daarvan dat die Here ons almal gelei het op die pad. Uiteindelik, na gesprekke tussen leraars en kerkrade, het ds Van Staden en Herculine hulself bereid verklaar om na Kango-Valleie te gaan vir 2 jaar voltyds en moontlik daarna in ‘n gedeeltelike pos. Ds Smuts van Rensburg en Mariaan is bereid om dan in ons plek na Moedergemeente te kom en ons dan weer na die Paarl in die Van Stadens se plek daar. 
Al drie kerkrade het ook oor die saak gebid en besluit om dit goed te keur dat die 3-punt-ruiling kan plaasvind. Op 27 September vergader al 3 kerkrade op dieselfde aand en beroep dan die 3 leraars na die gemeentes soos genoem. Sal u julle asb solank bid vir die proses se afhandeling en almal betrokke. Ons glo dat die Here ook ‘n nuwe pad besig is om met Moedergemeente te loop.
Liefde-Leef-Groete,  Schalk en Dorette

Last Updated on Monday, 12 September 2016 12:42
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 15 guests online