Bulletin 16 - 22 Oktober 2016 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Thursday, 13 October 2016 14:17
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. Baie welkom aan ds Jan Marais wat vandag se erediens lei.
 
Ds Schalk, baie geluk met u verjaarsdag.  Ons wens u 'n geseënde lewensjaar toe. 
       
VANDAG
09h00 Oorwinningsdiens - Ds Jan Marais
Deuroffers:  KANSA
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.

DINSDAG
09h30  Bybelstudie by Dorette
18h30  Beplanningsvergadering oor die pad vorentoe vir alle Kerk- en Wyksraadslede
in die Skooltjie. Gielie Loubser van Communitas sal ook teenwoordig wees.

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Ilsa
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

VRYDAG
18H00 BASAAR

SONDAG
09h00  Erediens 
Deuroffers:  Herberg Kinderhuis (Huis E)
Teebeurt: Wyk 30 & 31
Wyksbyeenkomste

Basaar-Nabetragtingsvergadering :
Maandagaand 24 Oktober om 6uur in Braaikamer  vir alle konvenors en enige belangstellendes.

SIMBOLIEKERS :
Donderdagaand, 27 Oktober om half 6 in die konsistorie. Ons moet vergader om KERSSANGDIENS  [ 13 Nov ] te beplan. Maak asb verskoning by Ilsa as jy nie kan kom nie.

VERLEDE WEEK: 
Bankkollekte:  R2 730-50
Deuroffers: R1 002-50
Getal lidmate in diens: 134 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
26/09  Katie Strydom, Tuishuis W/S 22

Innige simpatie aan:
Hannes Terblanche en sy familie met die afsterwe van sy suster, Anneen.
Haar teraarde bestelling is 9h00 op Leeublad. Die diens is 11h00 in Moedergemeente. Tee en verversings sal na die diens in die CJV-saal bedien word.
Ds Gerrit sal al die verrigtinge lei. 

Afskeid van Kotze’s en Annatjie Meyer :
Op Sondagoggend 27 November groet ons vir ds. Schalk en Dorette, asook Annatjie Meyer. Ons vra van elke wyk om asb een bordjie soet en een bordjie sout te skenk. Merk asb u houers en gee voor kerk by CJV-saal af. Baie Dankie dat u hiermee sal help.

ELJADA INSTITUUT
‘n Kerspartytjie word beplan vir Eljada op 16 Desember 2016. Kontant donasies of toiletware soos waslappies, tandepasta/borsels, ens word benodig.
Skakel Miriam Bence by 0442727873. ‘n Baie groot Eljada dankie!!!!

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

NB: Lidmate moet onthou om hul gemeentes aan wie hulle behoort se naam in te gee by registrasie by die hospitale sodat hulle besoek kan word.

TUIN SAFARI
Kom geniet natuurskoon, vars lug en heerlike klimaat van die Klein Karoo op Vrydag 21 of Saterdag 22 Oktober
Die NG Kerk Kangovalleie is geleë te Schoemanshoek, 15km van Oudtshoorn oppad na die Kango Grotte. Die skoonheid van die natuur in hierdie stukkie Klein Karoo trek jaarliks duisende toeriste van oor die hele wêreld en SA.  Die gemeente deel graag die mooi van ons Bybelse tuin en 20 ander tuine met besoekers. Vir slegs R50 kry jy 'n gratis koppie tee/koffie en 'n skon en gaan jy op 'n Tuin Safari wat jou gees sal verfris. Daar is ook Bybelse teksuitbeeldings in die kerk, 'n praatjie oor die maak van Bonsai uitstalling en 'n demonstrasie vir die maak van kompos.
Vir meer inligting of as jy 'n kaartjie wil bespreek kontak:  Danie Lategan 0442724623/079558 0002 of Smuts van Rensburg – 044 272 8516

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

OMGEE-GROEPE
Indien  u by ‘n omgee-groep wil inskakel kan u een van die volgende persone skakel:
Schalk Kotze 0836557930
Johan van Niekerk 0835659397
Anita Koen 0832948739

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt,..
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

BASAAR, 21 OKTOBER OM 6NM
KONVENORS om te kontak as jy HULP wil aanbied:
Braaivleis     Fanie Greeff       0824559475
Gebak           Sarie          0823081602        
Hotdogs       Abry Bence 0823816710
Kafee           Sonja         082904 2137 
Kindertafel   Marian        0828551389 
Pannekoek   Marie Verwey 044272 3404 
Poeding         Ellen           0822145910 
Rou vleis       Marie Briel     0837015538 
Slaaie         Sanet         0722652626 
Tuintafel Lenie         0823404891 
Wit Olifante     Anita                 0832948739 

PANNEKOEK
Ons benodig asb dringend baksters. Kontak asb vir Marie by 044272 3404

WIT OLIFANTE.
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie.
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

BASAAR-ETEKAARTJIES
R60 vir skaaptjop,  wors, sosatie, pampoentert, aartappelslaai en roosterkoekie.
Basaar etekaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor. 

KINDERTAFEL
Enige lekkergoed wat geskenk word of enige lekkergoed wat gemaak sal word, stuur asb vir Marian Swart ‘n sms sodat sy kan bepaal wat ons nog benodig.
 
 
Nee, God het ons gemaak wat ons nou is:
in Christus Jesus het Hy ons geskep 
om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.

-    Efesiërs 2:10    -

 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 44 guests online