Bulletin 6 – 12 November 2016 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Saturday, 05 November 2016 14:45
Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin.

VANDAG
09h00  Nagmaal 
BELYDENISAFLEGGING
Deuroffers:  Tuishuis
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Teebeurt: Wyk 22
 
MAG GOD SE SEENINGE OP JULLE AS NUWE BELYDENDE LIDMATE NEER REEN  VANDAG, MORE EN ELKE DAG HIERNA.   
Julle is die lig vir die wêreld.  - Matt. 5:14 -
 
MAANDAG
Ds Gerrit vra dat almal in wyk 1-9, Bellinganhof, Gottlandhuis, Stolsvlakte en De Rust wat nie beskikbaar was vir besoek gedurende die jaar nie, om asb ‘n afspraak met hom te maak. 

DINSDAG
09h00  Bybelstudie by Dorette

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Ilsa
09h00 Bybelstudie by Gottlandhuis (bring teksvers, lied ....)
09h45  Bybelstudie by Tuishuis

VOLGENDE SONDAG
09h00  Voorbereidingsdiens  
Deuroffers:  RAK 
Teebeurt: Wyk 22
19h00  Kerssangdiens
Deuroffers:  Diens van Barmhartigheid
 
KERSSANGDIENS MOEDERGEMEENTE
Sondagaand, 13 November, om 7nm. 
Bring asb ‘n kers in ‘n blakerhouer saam. U word vriendelik versoek om ‘n lekker bederfie vir minder bevoorregtes saam te bring. Ons wil hul harte met ‘n spesiale geskenkie tydens Kerstyd verbly. Deuroffer: Diens van Barmhartigheid

WYKSRAADSVERGADERING
Alle Wykraadslede moet asb onthou van die Wykraadsvergedering Maandagaand, 14 November, om 17h30 in die Skooltjie.
 
KERKRAADSVERGADERING
Alle Kerkraadslede moet asb onthou van die Kerkraadsvergadering Maandagaand, 14 November, om 18h30 in die Skooltjie.

VERLEDE WEEK
Bankkollekte:  R2 965-90
Deuroffers: R998-10
Getal lidmate in diens: 144 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
11/11  Ina Broodryk, Bellinganhof 12 & Anna Olivier, Oxfordstraat 20
12/11 Johnnie Fletcher, Millenniumpark 94
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Chris Gerber, Bellinganstraat 1B
Isabel Augustyn, Gottlandhuis K 38

Afskeid van Kotze’s en Annatjie Meyer :
Op Sondagoggend 27 November groet ons vir ds. Schalk en Dorette, asook Annatjie Meyer. 
Ons vra van elke wyk om asb een bordjie soet en een bordjie sout te skenk. Merk asb u houers en gee voor kerk by CJV-saal af. Baie Dankie dat u hiermee sal help.

LET ASB DAAROP DAT DIE KATEGESE AFSLUITING SKUIF NA  4 DESEMBER

HELP ASB ….
Ds Gerrit soek sy sleutels van die konsistorie en hek by kantoor wat iemand by hom geleen het.

BASAAR
Baie dankie ….  Dit was ‘n fantastiese geseënde basaar. Ons wildste verwagtige is oortref  met ‘n wonderlike bedrag van  
R148 201-10. Alle eer aan ons Hemelse Vader.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

IMAGINE IGNITE
Ons reël hierdie byeenkoms vir alle leiers wat met kinders of tieners werk.  Dit sluit predikante, jeugwerkers, vrywilligers asook ouers in.
Die doel van hierdie konferensie is, om mense toe te rus in die jeugbediening en dus is dit ʼn ideale geleentheid vir jou om kategete en leiers in jou bediening te nooi na hierdie geleentheid.
Wanneer: Vrydag 11 November 
Tyd:  4:30nm vir 5nm
Waar: Ng Gemeente Welgeluk Gemeentesentrum
Koste: Gratis - Aandete word voorsien
Kontak persoon:  Adriaan van Tonder ( This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it )
Kontak nr:  083 565 3641

NG Kerk Volmoed Vleisbasaar
Saterdag 26 November 2016 om 10:00 in die NG Kerk Volmoed Kerksaal. Kiosk open reeds om 09:00. Navrae:  Clara Mulder 084 504 3377

ELJADA INSTITUUT
‘n Kerspartytjie word beplan vir Eljada op 16 Desember 2016. Kontant donasies of toiletware soos waslappies, tandepasta/borsels, ens word benodig.
Skakel Miriam Bence by 0442727873. ‘n Baie groot Eljada dankie!!!!

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt,..
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

BANKBESONDERHEDE
Vir enige direkte inbetalings of aftrekorders, bv vir dankoffers:
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank     
Rek no 1752044630,
takkode 175205

VAKANSIEDIENSTE
Let asb daarop dat die dienste 8h00 gedurende die skoolvakansie is.

RINGSITTING
Dink asb in u gebede aan die Ringsitting wat gehou word Sondag van 4 – 8 nm te Welgeluk.

OUJAARSDIENS
Daar is nie die jaar ‘n Oujaarsdiens in Moedergemeente nie.  U moet asb inskakel by een van die buurgemeentes.

ELJADA KAIROS SKOOL BIED AAN:  WE'VE GOT TALENT!
Datum: 10 November 2016
Plek: Burgersentrum, Oudtshoorn
Tyd: 19:00
Prys: R20 per persoon
Kaartjies: Kontak Hilda 079 5579881 of 
044 203 7600 of beskikbaar by deure. Kom geniet die aand saam met ons. Ons maak staat op julle ondersteuning!

Liewe Here, help my om aan te bied:
My begrip vir iemand wat wil hê 'n ander moet luister, 
My bedagsaamheid vir iemand wat nodig het om te  weet dat 'n ander omgee, 
My vriendelikheid vir iemand wat onvriendelik deur die lewe behandel word.
My geselskap vir iemand wat eensaam is, 
My kalmte vir iemand wat onseker, verward of verdwaas is ,te kan sê GOD het jou lief.
My welwillendheid teenoor heel U skepping, 
My deernis vir alles wat lewe.




 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 41 guests online