Bulletin 15-21 Januarie 2017 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Saturday, 14 January 2017 07:51

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. Baie welkom aan ds Smuts en Mariaan Janse van Rensburg. Ons bid dat God julle hand sal vat en julle sal dra as geestelike leiers. Ons vertrou dat julle tuis sal voel en ons leuse van “LIEFDE LEEF” elke dag sal ervaar.

VANDAG
09h00  Intreepreek: Ds Smuts   

Deuroffers:  Bediening Jode
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 bly in die kerk
Kategese Gr 4-10 bly in die kerk
Tee na afloop van die diens.

MAANDAG
06h00  Biduur in die binnehof

DINSDAG
06h00  Biduur in die binnehof
09h00  Dorette se Bybelstudie by Hoogstraat pastorie

WOENSDAG
06h00  Biduur in die binnehof

DONDERDAG
06h00  Biduur in die binnehof
09h00  Bybelstudie by Ilsa
Eredienskommissie vergader om 17h30 in die konsistorie.

VRYDAG
06h00 Biduur in die binnehof
Bybelstudie by Gottlandhuis & Tuishuis begin 2 Februarie.

SONDAG

09h00  Erediens  
Deuroffers:  Gemeente Jeug

Sondag, 22 Januarie, sal ‘n gewone erediens wees. Die kinderdiens skuif na Sondag, 29 Januarie.

OGGENDGEBED
Almal word vriendelik uitgenooi na ons oggendgebed Maandag - Vrydag om 6vm in die binnehof. Kom ons begin die jaar biddend. Ons gaan voorbidding doen vir ons kerk, land en mense

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R1 606-50
Deuroffers: 353-00-00
Getal lidmate in diens: 90 + inwoners van 2 ouetehuise

KATEGESE

Baie welkom aan al ons jongmense. Ons glo dat vanjaar geestelik verrykend sal wees en dat ons almal net nog nader aan ons Hemelse Vader sal groei.
Die graad 1 kinders moet saam met die res van die kinders in die kerk bly na afloop van die diens, sodat hulle in hul onderskeie klasse ingedeel kan word.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
15/01  Marie v/d Merwe, Tuishuis
20/01  Maria Pyper, Odn aftreeoord
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Elize Matthee, Bellinganhof
Sanet Kuyler, Pringlestraat 30
Marie Briel, Adderleystraat 203
Makkie Vosloo se oudste dogter wat nierkanker het.
Jaco Marx se moeder wat ernstig siek is.

Innige simpatie aan:
Olivier gesin, met die afsterwe van Ans. Haar roudiens is Maandag om 10vm by Tuishuis.
Rademeyer gesin, met die afsterwe van Katrien.
Naomi Linford en gesin, met die afsterwe van haar suster.

RAK vergader Donderdag, 2 Februarie, om 11vm by Hoogstr pastorie.

OMGEE-GROEPE
Indien  u by ‘n omgee-groep wil inskakel kan u een van die volgende persone skakel:
LT Minnaar              0827764690
Johan van Niekerk    0835659397
Anita Koen             0832948739

2017 ALMANAKKE !!!
Alle oortollige almanakke moet asb by kerkkantoor ingehandig word, sodat dit aan lidmate gegee kan word wat nog nie het nie.

AANSOEK: STUDIEBEURS/LENING
Aansoekvorms is by die kerkkantoor beskikbaar.

Bejaarde man soek asb dringend kamer om te huur.

Skakel ds Gerrit by 0828782954 / 0442791751 indien u kan help.

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

Last Updated on Saturday, 14 January 2017 08:11
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 21 guests online