Bulletin 22 - 28 Januarie 2017 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 20 January 2017 12:32

Welkom by die erediens as deel van God se huisgesin. Baie  welkom aan Johan & Janie Koekemoer . Baie geluk met die doop van jul seuntjie, Kaleb.

VANDAG
09h00  Erediens   
Deuroffers:  Arbeidsbediening Plaaslik
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Belydenisklas na kerkdiens.
Tee na afloop van die diens.

MAANDAG – VRYDAG
Ds Smuts doen kennismaak besoeke in wyk 21.
Ds Gerrit doen huisbesoek in wyk 10.

DINSDAG & DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie: Ons begin die week met Gal.5:22. Almal welkom.

DONDERDAG
Bybelstudie by Gottlandhuis & Tuishuis begin 2 Februarie.
18H00   Basaar Reëlingsvergadering

VOLGENDE SONDAG
09h00  Kinderdiens  
Deuroffers:  Gemeente Jeug

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R7 325-10
Deuroffers: R1 816-60
Getal lidmate in diens: 411 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
22/01  Alet Schoeman, Bellinganhof
26/01 Christine Nelson, Mil/park 326
 
Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Franswa Stassen, Lamprechtstraat 443
Marie Briel, Adderleystraat 203
Mia Brynardt, Adderleystraat 121
Dollie Strydom, Tuishuis W/S 60
Naomi Linford se ouers wat albei ongesteld is.

PEUTERKERK
Ons benodig nog bereidwilliges om te help lessies gee en assisteer by die peuterkerk elke 3de Sondag.  Enige iemand wat belangstel kontak asb vir Sarie 082 308 1602. Ons benodig ook slagorkes instrumente – skenkings of kontantbydraes is welkom.

PROVINSIALE HOSPITAAL
Laat weet asb u dienswerker of predikant wanneer u in die provinale hospitaal opgeneem word, aangesien die hospitaal ons nie in kennis stel nie.

WYKSVERANDERINGS
Let asb daarop dat wyk 21 nou onder ds Smuts val en wyk 22 & 23 onder ds Gerrit.

Basaar 10 Maart
Reëlingsvergadering om die gesellige Aandbasaar te beplan op Donderdag 26 Jan om 6nm in konsistorie. Kom gesels saam

BELYDENISKAMP
Die Belydenisklas vergesel deur ds Gerrit gaan vanaf 27 – 29 Januarie saam met Welgeluk Kaap toe.

2017 ALMANAKKE !!!
Alle oortollige almanakke moet asb by kerkkantoor ingehandig word, sodat dit aan lidmate gegee kan word wat nog nie het nie.

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

Ds Smuts en Mariaan sê:
Baie, baie dankie omdat ons met ons ontvangs in Moedergemeente waarlik die warmte van liefde wat leef beleef! Dankie vir al die moeite wat gedoen is om ons tuis te laat voel. Dankie vir lekker eetgoed by ons huis, die tee en verversings na verlede Sondag se diens, die pragtige bos blomme en die heerlike ete vir ons en ons familie by Hoogstraat pastorie. Dankie vir elke vriendelike woord van verwelkoming en elke drukkie. Ons voel reeds deel van die gemeente, en ons sien uit na die pad wat ons saam met julle as medegelowiges gaan stap.

Last Updated on Friday, 20 January 2017 12:37
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 21 guests online