Bulletin 5 - 18 Februarie 2017 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 03 February 2017 12:59

Preek: Ds Gerrit van Schalkwyk:
Die Here is steeds in beheer. (Ps 105:1 – 7, 16 – 22 & 45)

DAG VAN VEROOTMOEDIGING
Bid vir reën in die droogte geteisterde dele van ons land, maar dank terselfdertyd ook die Here vir die wyd verspreide reëns wat onlangs op verskeie plekke geval en selfs droogtes gebreek het.
Bid ook vir die brandgeteisterde dele van ons streek, asook dele waar die brandrisiko hoog is.

VANDAG
Dag van verootmoediging
09h00  Erediens  
Bevestiging van Kerkraadslede   
Deuroffers:  Gemeentefonds
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Tee na afloop van die diens.

MAANDAG – VRYDAG
Ds Smuts doen kennismaak besoeke in wyk 28.
Ds Gerrit doen huisbesoek in wyk 12.

DINSDAG & DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

SONDAG, 12 Februarie

Biddag vir opvoeding en ondewys.
09h00  Voorbereidingsdiens (Doop)
Deuroffers:  Gemeentefonds

SONDAG, 19 Februarie
Stildiakenblikkies inhandig
09h00  NAGMAAL
Deuroffers:  Gemeentebediening
Tee na afloop van die diens.

VERLEDE WEEK:

Bankkollekte:  R6 560-55
Deuroffers: R1 371-00
Getal lidmate in diens: 260 + inwoners van 2 ouetehuise

Baie geluk aan die volgende lidmate wat vandag bevestig word as Kerkraadslede:
Ouderling - Eiendom
Manus Blignault, Oewerpalms 01
Ouderling - Erediens
Jan Loubser, Hugenootstraat 13
Diaken - Finansies
Jodi Mulder, Jakarandalaan 05
Ouderling - Getuienis
Beryl Olivier-Van Rensburg, Kerkstraat 1A

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
16/02  Anneke Vlok, Tuishuis W/S 20

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Martie Slabbert, Millenniumpark Siekeboeg  -  Medi Kliniek, Odn
Leon Koen, Oudtshoorn Aftreeoord 04  -  Geneva, George

Innige meegevoel aan:
Ronell Smuts & gesin, Jan van Riebeeckweg 34, met die afsterwe van haar broer.

KOMMISSIEVERGADERINGS
Eiendomskommissie:
Maandagaand, 13 Februarie, 18h00 in die Skooltjie.

Gebed en Getuienis:
Dinsdagaand, 14 Februarie, 16h30 in die Skooltjie.

Diens van Barmhartigheid
Dinsdagaand, 14 Februarie, 16h30 in die Skooltjie.

Diensverhoudingkommissie:
Donderdagaand, 16 Februarie, 18h00 in die kerkkantoor.

Finanskommissie:
Donderdagaand, 16 Februarie,  18h00 in die kerkkantoor.

Lidmate wat voel hul wil by g. kommissies betrokke raak, is welkom om die vergaderings by te woon.

STILDIAKENBLIKKIES
Daar is weer Stildiakenblikkies by die deure beskikbaar, neem asb.  Dit is ’n deurlopende projek. U kan dit by die kerkkantoor of die kerk ingee wanneer dit vol is. Dankie vir u wonderlike ondersteuning met hierdie projek.

VALENTYNSTEE
Tuishuis hou op Vrydag, 10 Februarie, 9vm vir half 10 ‘n Valentynstee in hul eetkamer. Koste is R25 pp. Kontak Ansie by 0442720164

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

AANDBASAAR  10 MAART:
MAG ELKEEN VAN ONS LEKKER SAAMWERK OM HIERDIE BASAAR TOT EER VAN GOD TE HOU.
Die volgende sake moet asb VOOR 28 Feb afgehandel word.
1] Dankie dat u nie wag om gevra te word nie, maar dat u sal hulp aanbied by konvenors.
2] Dienswerkers se Basaarlyste is in die konsistorie. BAIE DANKIE! Bestanddele asb insamel en by kerkkantoor besorg voor 28 Feb.
3] Konvenors : sakkies, bakkies en kleingeld-versoeke asb voor 28 Feb.

BASAAR-ETEKAARTJIES
Braai-combo :  loinskaaptjop, wors, varksosatie, hoender “steak”, roosterkoekie, aartappelslaai en gestolde wortelslaai. Etekaartjies @ R60 by kerkkantoor te koop tot Dinsdag 7 Maart.
 
WIT OLIFANTE
Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE.
Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie.
Selfs goeie tweedehandse klere is BAIE welkom. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

Tuintafel
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties,malvalekkers,chipsversiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt,..
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

BASAAR, 10 MAART OM 6NM
KONVENORS om te kontak as jy HULP wil aanbied:
Braaivleis       Fanie Greeff        0824559475
Gebak          Sarie                  0823081602        
Hotdogs       Abry Bence         0823816710
Kafee           Sonja                 0829042137 en  Lana   0722705311
Kindertafel    Marian                0828551389
Koeldrank      Danie Niemand    0712538323
Pannekoek    Marie Verwey      0442723404
Poeding        Ellen                  0822145910
Pot              Marius Strydom    0711350517
Rou vleis       Marie Briel           0837015538
Slaaie           Sanet                 0722652626
Tuintafel      Lenie                  0823404891
Wit Olifante    Anita                0832948739
Opruimspan    Jan Engels         0827709995
Baie dankie aan almal wat weer getrou sal voorvat!

Om oor na te dink
Diens aan ander is die huur wat ons betaal vir ons kamer op aarde.  (Lord Halifax)

BANKBESONDERHEDE
Vir enige direkte inbetalings of aftrekorders, bv vir dankoffers:
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank     
Rek no 1752044630
Takkode 175205

Last Updated on Friday, 03 February 2017 13:08
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 24 guests online