Bulletin 19 - 25 Februarie 2017 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 17 February 2017 10:29

Preek: Ds Smuts Janse van Rensburg:
Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe” (Ps 122:1)

Geluk aan Ilsa van Schalkwyk met haar verjaarsdag Maandag! Mag jy 'n wonderlike dag beleef, en mag jy in die nuwe lewensjaar die seën van ons Heer beleef! Dankie omdat jy reeds vir soveel jare vir ds Gerrit in die bediening ondersteun, en dankie omdat jy self ‘n voorbeeld van diensbaarheid en toewyding is.

Ds Gerrit neem sy afnaweek vanaf 16 – 20 Februarie. Indien u ’n leraar nodig het, skakel gerus met ds Smuts (0829216854)

VANDAG
Stildiakenblikkies inhandig
09h00  NAGMAAL
Deuroffers:  Gemeentebediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Tee na afloop van die diens.

MAANDAG – VRYDAG
Ds Smuts doen kennismaak besoeke in wyk 27.
Ds Gerrit doen huisbesoek in wyk 12.

DINSDAG
18h00  Wyks & Dienswerkers Byeenkoms in die Skooltjie vir wykslyste en boekies.

DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

VOLGENDE SONDAG
EERSTE LYDENSWEEK
09h00  Dankseggingsdiens
Deuroffers:  Gemeentebediening
Tee na afloop van die diens.
Wyksbyeenkomste

VERLEDE WEEK:

Bankkollekte:  R4 127-50
Deuroffers: R571-80
Getal lidmate in diens: 149 + inwoners van 2 ouetehuise

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
21/02  Kleintjie van Niekerk, Tuishuis woonstel 72

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Floris van den Heever, Buitekantstraat 169
Karin Louwrens, Villa Fonté 14
Koos Spies, Hoogstraat 177
Manus Blignault, Oewerpalms 01
Johan Langenhoven, Millenniumpark Siekeboeg

Innige meegevoel aan:
Naomi en Kevin Linford (Alphen Rijnweg 6), met die afsterwe van Naomi se pa

JEUGKOMMISSIE
Kategese en Jeugkommissie vergader volgende Sondag, 26 Februarie, om 10vm in die konsistorie.

#IMAGINE 2017:
18 – 20 Maart: Megapark – Bredasdorp
Imagine is ‘n landwye droom om jongmense van oraloor bymekaar te bring, hulle energie vry te stel en hulle met ander jongmense in aanraking te bring sodat hulle kan besef dat hulle nie alleen is nie en Christus se liefde, hoop en vrede kan beleef.
Registrasie open 8h00 Saterdag, 18 Maart en die amptelike program begin die aand 18h00. Die eerste ete wat deur #imagine verskaf word sal aandete wees om 17h30. Stalletjies deur die dag oop om kos te koop.
Koste:  Tieners R550.  Vir meer besonderhede skakel ds Adriaan by 0835653641

NUWE INTREKKERS
Indien u 'n nuwe intrekker in ons gemeente is of by ons gemeente wil inskakel – baie welkom!  U moet asb die kaartjie vir nuwe intrekkers by die deur invul en by die offergawe sakkie of kerkkantoor pos.  ’n Leraar sal u dan so gou moontlik besoek.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID:
Daar is asb.groot behoefte aan KOS vir die noodspens, bv: Koffie, suiker, tee, soutvleis, ontbytpap, konfyt,..
Baie dankie vir al die skenkings wat ons so getrou ontvang.

AANDBASAAR  10 MAART :
MAG ELKEEN VAN ONS LEKKER SAAMWERK OM HIERDIE BASAAR TOT EER VAN GOD TE HOU.

Die volgende sake moet asb VOOR 28 Feb afgehandel word.
1]  Dankie dat u nie wag om gevra te word nie, maar dat u sal hulp aanbied by konvenors.
2]  Dienswerkers se Basaarlyste is in die konsistorie. BAIE DANKIE! Bestanddele asb insamel en by kerkkantoor besorg voor 28 Feb.
3]  Konvenors : sakkies, bakkies en kleingeld-versoeke asb voor 28 Feb.

BASAAR-ETEKAARTJIES
Braai-combo :  loinskaaptjop, wors, varksosatie, hoender “steak”, roosterkoekie, aartappelslaai en gestolde wortelslaai.
Etekaartjies @ R60 by kerkkantoor te koop tot Dinsdag 7 Maart.
 
WIT OLIFANTE
Ons begin reeds vroeg met WIT OLIFANTE. Pak jou kaste, laaie, rakke, kamers en garage reg en raak van ALLES ontslae wat nie meer vir jou van nut is nie. Gee asseblief so spoedig moontlik by die kerkkantoor af.

Tuintafel
Ons sal ook baie dankbaar wees vir skenkings van vetplantjies, skraalplantjies, enige plantjies!!!

KINDERTAFEL
Span jul kreatiwiteit in en maak lekker interessante goedjies wat mooi versier is
vir die kindertafel. Enige lekkergoed soos: Smarties, malvalekkers, chips, versiersuiker, ens. sal ook waardeer word.

BASAAR, 10 MAART OM 6NM
KONVENORS om te kontak as jy HULP wil aanbied:

Braaivleis         Fanie Greeff         0824559475
Gebak            Sarie                   0823081602        
Hotdogs         Abry Bence          0823816710
Kafee             Sonja                  0829042137  en Lana  0722705311
Kindertafel      Marian                 0828551389
Koeldrank       Danie Niemand      0712538323
Pannekoek     Marie Verwey        0442723404
Poeding         Ellen                    0822145910
Pot               Marius Strydom      0711350517
Rou vleis        Marie Briel             0837015538
Slaaie            Sanet                   0722652626
Tuintafel        Lenie                   0823404891
Wit Olifante    Anita                   0832948739
Opruimspan    Jan Engels           0827709995

Baie dankie aan almal wat weer getrou sal voorvat!

BANKBESONDERHEDE

Vir enige direkte inbetalings of aftrekorders, bv vir dankoffers:
NG Kerk Oudtshoorn, Nedbank     
Rek no 1752044630,
Takkode 175205

Die twee belangrikste dae in jou lewe:
* die dag waarop jy gebore is
* die dag waarop jy ontdek waarom jy hier op aarde is.
(Mark Twain)

Last Updated on Friday, 17 February 2017 10:38
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 25 guests online