Bulletin 12 - 25 Maart 2017 PDF Print E-mail
Written by Annelet Nortier   
Friday, 10 March 2017 13:48
Preek:  Ds Smuts Janse van Rensburg:
  Jesus leer ons om te bid:       “Laat u wil ook op die aarde geskied, net soos in die hemel.”  (Mat 6:10)
Het jy al daaraan gedink dat dit 'n “gevaarlike” gebed kan wees, maar ook 'n bevrydende gebed, en 'n gebed wat nuwe lewe bring.

VANDAG
DERDE LYDENSWEEK
09h00  Erediens ( Doop)
Deuroffers:  Hospitaalbediening
Peuterkerk in Skooltjie tydens kerkdiens
Kategese Gr 1 -3 tydens kerkdiens
Kategese Gr 4-10 na  kerkdiens.
Ruag Jeugaksie by Welgeluk vanaand (12 Maart) om 17:30

MAANDAG – VRYDAG
Ds Smuts: kennismaak besoeke wyk 27.
Ds Gerrit: huisbesoek in wyk 25.

DINSDAG & DONDERDAG
09h00  Hoogstraat Bybelstudie

KERKKANTOOR IS 14 - 16 MAART GESLUIT VIR AFSLUITING VAN DIE FINANSIËLE BOEKJAAR EN OUDIT.

DONDERDAG
09h00  Bybelstudie by Gottlandhuis
09h30  Bybelstudie by Tuishuis

SONDAG, 19 MAART
VIERDE LYDENSWEEK
09h00  Erediens
Deuroffers:  Teologiese Kweekskool

SONDAG, 26 MAART
VYFDE LYDENSWEEK
09h00  Lydingsdiens
Deuroffers:  Gemeentefons
Tee na afloop van die diens.

VERLEDE WEEK:
Bankkollekte:  R4 373-00
Deuroffers: R1 444-80
Getal lidmate in diens: 180 + inwoners van 2 ouetehuise

HOE KAN HUL GLO AS HULLE NIE HOOR OF DIT LEES NIE?

Saterdagoggend, 25 Maart om 10 tot 11 vm, kan jy dalk iemand se rigting verander van die hel na die hemel en van die dood na die lewe. Hoe? Kom na die konsistorie en deel dmv traktaatjies die beste nuus uit aan almal wat hulle hande oop hou. Jy hoef nie te kan praat of baie goed te weet nie – net uithou en gee.

LIEF EN LEED
VERJAARSDAE 80+ jr:   
17/03  Sienie Lerm, Oxfordstraat 71
20/03  Corrie Alberts, Hoogstraat 153A
21/03  Martie Jonck, Tuishuis Siekeboeg B
21/03  Elsabé Naudé, Tuishuis W/S 32
25/03  Johanna Gerber, Bellinganstraat 1B
25/03  Dotty van Rensburg, Tuishuis W/S 15

Ons bid vir die volgende lidmate wat siek is, aansterk of gaan vir toetse/operasie/ behandeling:
Magdaleen le Roux, St Saviourstraat 41
Elsabê Naude, Tuishuis W/S 32
Anton le Roux, Jan van Riebeeckweg 109
Anton Gerber, Oxfordstraat 85
Martie Slabbert, Millenniumpark Siekeboeg
Maureen Vermaak, Kampstraat 04B
Ziska Olivier, Jubileestraat 94
Wilna Bothma, Gottlandhuis K 26
Patsy Fourie, St Georgesstraat 176
Pieter Kleyn, Oxfordstraat 94
Antoinette Hildebrand, St Saviourstraat 22

Innige simpatie aan:
Nellarie Koen, Oudtshoorn Aftreeoord met die afsterwe van haar man, Leon.
Lindi van der Veen , Randstraat 70, met die afsterwe van haar pa.

Op ‘n Kerkraadsvergadering is die vlg persone benoem as kerkraadslede:
Sarie de Wet – Finansies
LT Minnaar – Diens van Barmhartigheid
Isma van Tonder – Onder-leier Diaken
Ben Meyer – Onder-leier Ouderling
Vir kennisname.

Ons benodig asb dringend ‘n luidspreker vir die konsistorie. Skakel die skriba indien u kan help.

Hospitaalbesoeke
Maandag:    Ds Gerrit
Dinsdag:    Vera Schoeman
Woensdag: Marianna Stassen
Donderdag:    Ds Smuts
Vrydag:        ?
Indien daar iemand is wat Vrydae hospitaalbesoeke kan doen, skakel asb die skriba.

KATEGETE
Gr 1
Ireen van Stryp        0760781740
Gr 2
Natasha van Rensburg    0845053912
Marisha Serfontein        0824313650
Ellen Marais        0822145910
Chrismari Terblanche    0828445578
Gr 3
Ilonka & Hannes Arndt    0720292919
Media Smit
Jessica Gerber
Gr 4
Francina Gerber        0842998461
Gr 5
Carin Strydom        0768943621
Gr 6
Juliana Strüwig        0845637362
Gr 7
Elize du Plessis        0729903683
Gr 8
Arthur Muller        0728219400
Gr 9
Sarie de Wet        0823081602
Welda Lategan        0722773044
Makka Swart        0828379837
Gr 10
Louise de Wet        0723405270
Belydenisklas
Ds Gerrit van Schalkwyk    0828782954

#IMAGINE 2017: 18 – 20 Maart:
Megapark – Bredasdorp
Imagine is ‘n landwye droom om jongmense van oraloor bymekaar te bring, hulle energie vry te stel en hulle met ander jongmense in aanraking te bring sodat hulle kan besef dat hulle nie alleen is nie en Christus se liefde, hoop en vrede kan beleef.
Registrasie open 8h00 Saterdag, 18 Maart en die amptelike program begin die aand 18h00. Die eerste ete wat deur #imagine verskaf word sal aandete wees om 17h30. Stalletjies deur die dag oop om kos te koop.
Koste:  Tieners R550
Vir meer besonderhede skakel ds Adriaan by 0835653641

NGK Volmoed Dankfees
Saterdag 25 Maart 2017 om 11:00 Volmoed Kerksaal.  Etekaartjies (2 tjops, wors, 2 slaaie en broodjie) @ R60 beskikbaar by Gina Jordaan (082 737 0188) en Wikus van der Merwe (084 956 2854)

BASAAR
Dit was ‘n geseënde basaar.    Alle eer aan ons Hemelse Vader.

Baie dankie…
Poeding… aan almal wat so entoesiasties poedings gemaak, opgeskep, verkoop en gekoop het!
Dit & Dat… vir al die skenkings van plantjies en wit-olifante en vir die omgeegroep se harde werk
Spensgoed… die tafels het behoorlik gekreun onder al die lekkernye.
Pannekoek, Teetuin, Kombuis… vir al die heerlike eetgoed.
Etes & Hotdogs… dit was vinger-lek-lekker.
Kindertafel … die kinders het heerlik gesmul en gespeel.
Vleiswerkers… vir verwerking, prys en verkoop van vleis
Braaiers & Potmakers… vir geurige voorbereiding van kos.
Koeldranktafel…  vir heerlike yskoue koeldranke.
Last Updated on Friday, 10 March 2017 13:55
 

Kalender

<<  December 2017  >>
 Mo  Tu  We  Th  Fr  Sa  Su 
      1  2  3
  4  5  6  7  8  910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Meningspeiling

Besoekers Aanlyn

We have 40 guests online